Julius Walt het onlangs sy solo-loopbaan as sanger begin en as daar nou een ding is waarvoor dié man nie terugdeins is nie, dan is dit avontuur. Hy is tans besig om sy jongste musiekvideo, “Gebreekte glas”, te vervaardig en het ʼn Mexikaanse dorpie gebou as stel vir die video.
Esté Meyer Jansen het vir Julius gevra om in Maroela Media se ateljee te kom kuier en met hom gesels oor sy nuwe album asook die besonderse musiekvideo.
Luister saam tot aan die einde van hierdie onderhoud om te hoor hoe die liedjie “Gebreekte glas” klink. Ons deel ook graag ‘n paar foto’s wat geneem is tydens die maak van die musiekvideo: