
Daniël Brink, Roof Brink en Wynand Jonker is die manne van die groep Nagligte. Foto: Verskaf.
Jacobus, ook bekend as Roof Brink, Wynand Jonker en Daniël Brink is die drietal wat nou bekendstaan as die nuwe alternatiewe groep Nagligte. Hul eerste enkelsnit se musiekvideo “Dit stop nou” het Suid-Afrikaanse gehore laat regop sit en as dit ʼn voorspelling is van hoe die res van hulle musiek gaan klink, het hulle aanhangers nog baie om na uit te sien.
Nagligte het ʼn draai in Maroela Media se ateljee kom maak en met Esté Meyer Jansen oor die boodskap van hul musiek gesels.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ons Afrikaans is regtig in die moelikheid as ons nuwe geslag sangers so ‘n vrot afrikaans besig. Ek het die altyd gedink die Transvalers sal ons taal suiwer hou, maar tussen al die “band, guitarist, join” ens. moet ons seker hoop Maties se Wim en sy travante sal tot ons redding kom. :-)