In vandeesweek se Top 20 is daar agt snitte wat styg, ses wat daal, vier wat in dieselfde plek bly en twee nuwelinge. NRG kon net twee weke op die Top 20 bly, maar vandeesweek val hulle uit. Die ander snit wat uitval, is “Meer as genoeg” van Stadsboer.
Die titelsnit van Anders se nuwe album, “Ek onthou”, tree in die die 19de plek toe. Die ander nuweling is ‘n ongewone verskynsel; ‘n instrumentale snit wat die Top 20 haal. Die Ventertjies se weergawe van Ricardo Bornman se “Lentevrolikheid” is ‘n nuweling in die 17de plek. Die titelsnit van Elvis Blue se nuwe album, “Êrens in die middel van nêrens”, styg agt plekke tot by nr. 12, terwyl Carike Keuzenkamp vyf plekke daal en vandeesweek in die agtste plek is.
- “Hambamba”- Juanita du Plessis
- “Eie land”- Coffeesnobs
- “Mal in jou kop”- Cordelia
- “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
- “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
- “Mona Lisa”- Joe Foster
- “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
- “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
- “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
- “Met jou klere aan”- Leah
- “ʼn Tas vol Cash”- Adam Tas
- “Êrens in die middel van nêrens”- Elvis Blue
- “Die man vir jou”- André Venter
- “Amsterdam”- Dewald Wasserfall
- “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
- “Asemloos”- Liezel Pieters
- “Lentevrolikheid”- Die Ventertjies
- “Stop wag bly nog ʼn bietjie”- Brendan Peyper
- “Ek onthou”- Anders
- “Die hemel”- Elvis Blue