Refentse betree Top-20 met ‘What a boytjie’

Refentse Morake (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Refentse betree dié week se Top-20 met ’n nuwe enkelsnit, “What a boytjie”.  Die musiekvideo van die liedjie is ook die afgelope week bekendgestel.

Bobby van Jaarsveld, wat tans besig is om te herstel ná ’n operasie, se duet saam Demi Lee Moore, “Ek weet al lankal”, maak ook sy toetrede tot die Top-20 dié week.

Bok van Blerk bly voorlopig in die no. 1-posisie dié week met “Was”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, vyf wat daal, twee nuwe liedjies wat die week se Top-20 betree en sewe wat onveranderd bly.

  1. Bok van Blerk – “Was”
  2. Appel – “Nonna”
  3. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  4. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  5. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  6. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  7. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  8. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  9. Robbie Wessels – “Legendes”
  10. Elvis Blue – “Beloofde land”
  11. Francois van Coke ft Spoegwolf – “Dagdrome in suburbia”
  12. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  13. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  14. Posduif – “Laat  val die water”
  15. John James – “Ek is meer werd”
  16. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  17. Tasché & Francois van Coke – “Vier seisoene kind”
  18. Jan Jan Jan – “Wys jou vleis”
  19. Refentse – “What a boytjie”
  20. Biggy – “Dames”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.