Riaan Benadé staan stewig op Top-20

Riaan Benadé staan stewig op twee top-posisies op vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20. Hy beklee vir die derde opeenvolgende week die nr. 1- posisie met “Spontaan” en sy lied “Gooi nog ’n whiskey” beklee die nr. 4-posisie.

Albei dié liedjies is op Benadé se debuutalbum Spontaan wat in Augustus verlede jaar uitgereik is.

Rooksein (Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen) klim die week na nr. 8 met hul lied “Kyk na my hart”. “Kyk na my hart” is tans die 45 mees gestroomde liedjie volgens Spotify se South Africa Viral 50-speellys en ook die enigste Afrikaanse liedjie op die lys.

Liezel Pieters betree ook vandeesweek se Top-20 met haar nuwe enkelsnit “Plus Minus Maal Deel”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, tien wat daal en een nuwe enkelsnit wat die week sy toetrede maak.

_SiOw_7ffZtUd0w

  1. Riaan Benadé – “Spontaan”
  2. Bernice West – “Kom binne”
  3. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  4. Elandré – “Dag en nag”
  5. Bernice West – “Sonop-blom”
  6. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  7. Loufi – “Baas vannie plaas”
  8. Rooksein – “Kyk na my hart”
  9. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  10. Janie Bay met Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  11. Fatman – “Vuil Coke”
  12. Jay – “Te veel”
  13. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  14. Early B met Jack Parow – “Sak Sara”
  15. Refentse – “Stormnag”
  16. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  17. Lianie May & Jay – “Dors”
  18. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  19. Liezel Pieters – “Plus Minus Maal Deel”
  20. MD Greyling – “Veg en bou”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.