Ricus, Snotkop stoom voort in die nuwe jaar op die Top-20

Snotkop en Ricus Nel verlede jaar op die Afrikaans is Groot-verhoog in Pretoria. (Foto: Henry Engelbrecht)

Dit blyk dat Afrikaanse musiekliefhebbers almal inderdaad laaik van ʼn boerepompie …

“Boerepompie”, 2019 se gewildste Afrikaanse liedjie deur Ricus Nel en Snotkop, is in die nuwe dekade steeds bo aan die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Die musiekvideo het bykans 5,4 miljoen trefslae op YouTube. Select Musiek het ook bevestig dat dié enkelsnit platinumstatus bereik het. Dit beteken die snit het meer as 20 000 betaalde aflaaie en is meer as 2 miljoen keer gestroom was.*

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg en 12 wat daal.

Snotkop en Ricus Nel verlede jaar op die Afrikaans is Groot-verhoog in Pretoria. (Foto: Henry Engelbrecht)

Snotkop en Ricus Nel verlede jaar op die Afrikaans is Groot-verhoog in Pretoria. (Foto: Henry Engelbrecht)

*Risa (Recording Industry of South Africa) se sertifikasie van uitnemende album- en enkelsnit-verkope bepaal dat ’n enkelsnit wat op digitale platforms vrygestel word platinum status bereik wanneer hulle meer as 20 000 enkelsnitte aanlyn (soos iTunes) verkoop het of, om platinum status te bepaal via die stroom van ’n enkelsnit, moet die totale stroomtotaal deur 120 gedeel word. Dus is 120 strome gelyk aan een aflaai.

  1. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  2. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  3. Appel – “Nonna”
  4. Refentse – “What a boytjie”
  5. Bok van Blerk – “Was”
  6. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  7. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  8. Snotkop – “Pens en pootjies”
  9. Riana Nel – “Sterker”
  10. Biggy – “Dames”
  11. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  12. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  13. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  14. Kurt Darren -“Klein Saterdag”
  15. Tasché & Francois van Coke – “Vier seisoene kind”
  16. Juanita du Plessis – “Maak dit los!”
  17. Brendan Peyper, Refentse, Elandré & Christia Visser – “Ons maak saak”
  18. Elvis Blue – “Beloofde land”
  19. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  20. Francois van Coke ft Spoegwolf – “Dagdrome in suburbia”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.