Verskeie kunstenaars
Na slegs twee dae het “Rugby is Groot” goue status behaal vir die verkoop van meer as 20 000 eenhede! Hierdie is net nog ‘n bewys dat die land behoorlik rugbykoors het en in spanning wag vir die grootste rugbytoernooi in die wêreld!
Met die sukses van die 2007 bekendstelling, “Ons vir jou” (met verkope van 105 000 eenhede), is “Rugby is Groot” gelaai met splinternuwe Afrikaanse treffers, wat die hart trots gaan laat klop en selfs die lagspiere gaan prikkel!
Trek aan jou rugbytrui en sing saam met liedjies van Jay (“Bokke hou die beker hier”), die fluweelstem van Theuns Jordaan (“Rugbyhart”) en die voorloper van komiese treffers, Robbie Wessels (“Snorre”). Bok van Blerk (“n Bok gaan mos nie choke”) vorm ook deel van die wenspan en selfs Lianie May (“Bekhou, Kophou”) bewys dat die vroulike geslag net so bankvas agter die manne in groen en goud staan.
“Rugby is Groot” bestaan uit 12 splinternuwe snitte, sowel as ‘n paar ou bekendes, insluitende “Ons vir jou”(Bok van Blerk en Robbie Wessels) wat die Springbokke op hulle 2007 toer in die bus geluister het om gees te bou!
Speellys
- Hou die Beker Hier – Jay
- Rugbyhart – Theuns Jordaan
- Snorre – Robbie Wessels
- Een vir Almal en Almal vir Een – Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Jay, Bok van Blerk en Robbie Wessels
- ‘n Bok gaan Mos nie Choke – Bok van Blerk
- Amabok – Robbie Wessels
- Willem se Springbok Plaas – Robbie Wessels
- Bek hou, Kop hou – Lianie May
- Die Oom Song – Jak de Priester
- Kaptein Castle – Hugo
- My Kreet – Bok van Blerk
- Ons vir Jou Suid-Afrika – Bok van Blerk en Robbie Wessels
- Dra die Bok – Leon Schuster
- Heeltyd Speeltyd – Desmond Wells
- Shosholoza – Byron Keno remix – Coleske
- Nkosi Sikele – Bobby van Jaarsveld
goeie naand
Kan iemand my dalk help. Ek is opsoek na die lirieke vir kaptein castle?
As iemand my asb kan help met die lirieke
My epos adress is [email protected]
Baie dankie almal