Video: SA maak skoonskip tydens Wêreldkoorspele

Foto: World Choir Games, Facebook

Die derde en laaste toekenningseremonie van die 10de Wêreldkoorspele het Saterdagaand in die Moreleta-kerk in Pretoria plaasgevind.

Deelnemers kon ook ʼn kleurvolle nasiesparade en afsluitingseremonie geniet. Die volgende Wêreldkoorspele vind in 2020 in Vlaandere, België plaas.

Dié kompetisie word gesien as die Olimpiese Spele van koorsang, en dit was die eerste keer dat dié internasionale kompetisie in ʼn Afrika-land plaasvind. Die kompetisie is van 4 tot 14 Julie gehou. Altesaam 16 000 sangers in 300 kore uit 60 verskillende lande het vir dié kompetisie byeengekom.

Kore van Suid-Afrika het skoonskip gemaak in die kompetisie en spog met 76 medaljes. China is in die tweede plek met 25 medaljes en Rusland vat 17 medaljes huis toe.

Hiermee die wenners in die ope- en kampioenskapkompetisie:

C1 – Jong kinderkore
Durbanville Primary School Choir van Suid-Afrika
onder leiding van by Anne-Marie Dippenaar

C6 – Universiteit- en kollegekore
The Aeolians van Oakwood University van die VSA
onder leiding van Jason Max Ferdinand

C8 – Gemengde kamerkore
ONE Chamber Choir van Singapoer
onder leiding van Ai Hooi Lim

C10 – Vroulike kamerkore
Cantus van Noorweë
onder leiding van Tove Ramlo-Ystad

C23 – Pop-kore
Dekoor Close Harmony van Nederland
onder leiding van Christoph Mac-Carty

C26 – Folklore met begeleiding
COTA Youth Choir Namibia van Namibië
onder leiding van Fanie Dorfling

Mees onlangse kategoriewenners:

O1 – Jong kinderkore
Eversdal Primary School Choir van Suid-Afrika
onder leiding van Madri Gerber

O6 – Universiteit- en kollegekore
UP Onderstepoort Community Choir van Suid-Afrika
onder leiding van Edwin Mitas

O8 – Gemengde kamerkore
Molen Kórus van Suid-Afrika
onder leiding van Kobus Venter en Loretté du Toit

O12 – Mans-kamerkore
Drakenberg Old Boys’ Choir van Suid-Afrika
onder leiding van Herman Swanepoel

O26 – Folklore met begeleiding
Bao Lai Junior High School Choir van Chinese Taipei
onder leiding van Chun-Chi Chen

ʼn Volledige lys van wenners vir die 10de Wêreldkoorspele is hier beskikbaar.

Die insetsel is deur eNCA vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarie ·

Jammer hulle moes toe daardie haatlied teen witmense en Boere teen die einde sing. Ironies hoe koorleiers met Boername het die kompetisie vir hulle gewen.

Marli ·

Wat ‘n teleurstelling dat só geleentheid met ‘n Boere-doodmaaklied afgesluit moes word! Natuurlik word hulle toegejuig want wie verstaan tog die woorde?! Dit laat ‘n suur smaak na….

Disselboom ·

Die sing van die “maak dood die Boere”-lied maak dit duidelik dat Afrikaners vir eers sal moet kies tussen sport-en-spele en of die oorlog nou eers gevoer gaan word. Dis nog nie heeltemaal bevestig met vandag se plaasaanvalle nie, maar daar is berigte wat sê dat twee oumense met kookwater gebrand is, so min of meer terwyl die massakoor aan die sing is en almal in vervoering is oor die wonderlike koorsang.

B ·

“Thina sizwe esimnyama (We the black the nation)
Sikhalelela izwe lethu (Are we weeping for our land)
Elathathwa ngabamhlophe (Which was taken away from us by white people)
Mabayeke umhlaba wethu (Let them return our land).”

Linda ·

Buiten die doodmaaklied aan die einde, die opening- en sluitingseremonie was glad nie verteenwoordigend van SA en sy bevolking nie.

Melissa ·

Julle moet net julle feite regkry maroela *300 kore, met 16500 sangers van 62 lande, die laaste toekenings was Saterdagoggend in Moreletapark NGK en die Afsluiting in die Sun Arena… Ek stem saam met almal, dit was polities gedryf, die swakste orkes moontlik is bymekaar gekry wat só vals gespeel het! Ons wat in die gehoor gesit het het skaam gekry oor die beeld wat SA uitstuur na die wêreld, dankie tog die koor het mooi gesing! Die organiseerders kon vir ‘n verandering rering ons beste musici gekies het vir die orkes, want ons het BAIE wat dit ordentlik kon doen. Nee wat, toe die brand-alarm ook nog elke paar minute afgaan en die kore saam lawaai, toe was dit die doodskoot vir ‘n wonderlike 10 dae van musiek- en vriende maak tussen 62 nasies. Wat ‘n totale teleurstelling!

Johan Neuteman ·

Mens wil nie gemoedere onnodig opjaag nie, en dit lyk of die aanvanklike berig oor die woorde van die omstrede lied dalk oordrewe was. Dis nogtans steeds opmerklik dat ‘n propaganda-lied wat die haat teen die blankes aanblaas, gesing is. Dit verdien in elk geval die verontwaardigde reaksie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.