Steve, Touch of Class terug op Top-20

Van Wyk Brand. (Foto: Facebook)

Van Wyk Brand het onlangs sy jongste enkelsnit, “Tuks”, bekendgestel. Die liedjie gaan oor studentelewe, die reis deur die fases van ʼn mislukte verhouding en die keuses wat ʼn mens moet maak om tot op daardie punt te kom.

Ilan het in 2019 aan The Voice SA deelgeneem en is onder Riana Nel se afrigtingsvlerk gevorm tot die talentvolle sanger en liedjieskrywer wat hy vandag is. Ilan meen sy nuwe liedjie, “Glas vol maak”, het in sy skoot geval een Saterdagmiddag toe hy saam met sy ouma ʼn lemoen in sy tuin sit en skil het.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Alwie Carstens se “Namakwaland”, X_C_Xreece, Tizel en Spam se “La lekker” en Sharoney met “Ons teen die wêreld”.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Irene-Louise van Wyk kraai nog steeds koning op hierdie week se Top-20 met “Tekkies brand”. Dit is haar tweede week in die eerste posisie.

Appel se “Dina” is steeds in die tweede plek. Appel het ook steeds die meeste enkelsnitte op vandeesweek se treffersparade.

Steve Hofmeyr en Touch of Class maak vandeesweek hulle toetrede tot die Top-20 in die 20ste plek met die liedjie “’n Pa se hart”. Kurt Darren is ook terug in die Top-20 met sy nuwe liedjie, “Blok party”, in die 18de posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, ses wat daal, vier wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat die week se Top-20 betree.

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Appel – “Dina”
  3. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  4. Bernice West – “Hemel op aarde”
  5. Rooksein – “Damlelielief”
  6. Appel – “Boerenooi”
  7. Francois van Coke – “Ons het gewen”
  8. Appel – “Hardwerkende man”
  9. Elvis Blue – “Meer as genoeg”
  10. Bernice West – “Sonop-blom”
  11. Elandré – “Dag en nag”
  12. Riaan Benadé – “Spontaan”
  13. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  14. Appel – “Hier sal jy boer”
  15. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  16. Dirk van der Westhuizen – “Roekeloos”
  17. Bernice West – “Kom binne”
  18. Kurt Darren – “Blok party”
  19. Jo Black & Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  20. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “’n Pa se hart”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.