Video: Demi Lee Moore, Riaan Benade ‘skep hoop’ met gospel-duet

Demi Lee Moore en Riaan Benade wil hoop skep met hulle nuwe liedjie, “There Was Jesus”.

Die koronavirus (Covid-19)-pandemie het mense wêreldwyd in onsekerheid gedompel, en die sangers Demi Lee Moore en Riaan Benade wil met hul splinternuwe gospel-duet, “There Was Jesus”, vir mense hoop skep.

“There Was Jesus” is oorspronklik opgeneem deur die internasionale country-sterre Dolly Parton en Zac Williams.

“Ons is tans in ʼn tyd van soveel onsekerheid en dít maak ons bang. Noudat ons noodgedwonge moet rustig raak en daar tyd is vir selfondersoek, het ek besef hoe kwesbaar en nietig ons almal is,” sê Moore.

“As ʼn mens egter hoop het, voel jy veilig en weet dat alles ten goede sal uitwerk. Dit is wat hoop vir my gee,” voeg sy by.

Demi Lee Moore (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Benade, ʼn sanger en liedjieskrywer in eie reg, sê die liedjie bied waarheid vir mense om aan vas te klou. “Die doel en die boodskap van die liedjie is só spesiaal en dit het die projek net soveel meer uniek gemaak.”

Benade is ook bekend vir sy snit “Helpende hande”, wat verlede jaar opgeneem is as amptelike liedjie vir die liefdadigheidsorganisasie Helpende Hand.

“Riaan het een van die mooiste stemme wat ek al ooit gehoor het,” sê Moore. “Ek sê nie net so nie. Dit is baie lekker om saam met hom te sing. Toe ek verlede jaar vir die eerste keer sy stem gehoor het, het ek gereeld gevra ek wil saam met hom ʼn liedjie sing.”

Die musiekvideo, wat Vrydag uitgereik is reeds sowat 183 000 trefslae op YouTube het, is uniek omdat dit tydens die algehele afsonderingstydperk in Suid-Afrika geskiet is. Moore en Benade het albei in isolasie ʼn kamera in hul huise opgestel en self die beeldmateriaal vir die video geskiet.

“There Was Jesus” is Vrydag as deel van ʼn speellys op verskeie stromingsdienste uitgereik en dié amptelike Afrikaans is Groot-speellys, getiteld HOOP, is saamgestel deur dieselfde rolspelers wat die immergewilde Afrikaans is Groot-versamelalbums jaar na jaar saamstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Baie baie dankie, dis nou ‘n pragtige lied en Demi sing dit baie mooi, Riaan self klink baie goed.

AmY ·

Riaan Benadé is Franna Benadé se seun.
Musiek vloei diep deur sy are.
Awesome julle twee.

Leon ·

Ek wonder hoe het hulle die video gemaak sonder om bymekaar te wees. Baie oulik en baie goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.