Video: Ruhan du Toit vir eerste keer alleen op AiG-verhoog

Ruhan du Toit (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Nadat Ruhan du Toit vroeër vanjaar ʼn solo-loopbaan aangepak het, sing hy ook vir die eerste keer as solo-kunstenaar op die Afrikaans is Groot-verhoog.

Du Toit vertel hy is opgewonde om vanjaar alleen op die verhoog te staan.

“Ek het al by Classics is Groot alleen opgetree, so ek is darem al gemaklik om alleen op so ʼn groot verhoog te wees. So dit is nie vir my só senutergend nie, ek is opgewonde daaroor, maar dit is altyd ʼn groot eer en voorreg om by Afrikaans is Groot op te tree,” sê hy.

Du Toit sê hierdie jaar se konsert is vir hom spesifiek spesiaal juis omdat dit die eerste keer is wat hy nie deel van Touch of Class is nie. Hy sê daar is ook baie tegniese aspekte van die vertoning wat verbeter het, wat die klankervaring vir die gehoor sal verbeter.

Kyk die video om te hoor wat hy nog te sê het.

Afrikaans is Groot 2019 vind 22 November tot 1 Desember by die Sun Arena by Time Square in Pretoria plaas. Besoek gerus Computicket, aanlyn of Shoprite/Checkers en House & Home-winkels vir kaartjies. Die publiek word gewaarsku om versigtig te wees vir derde partye wat kaartjies aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Inderdaad ·

Heng, hoe lekker is dit nie om ‘n kunstenaar het hoor goeie Afrikaans praat nie (Ons verskoon die een “actually” in die onderhoud). Fantastiese, veelsydige kunstenaar in eie reg! Bly asb. so nederig soos ons Oos-Kapenaars maar is. Voorspoed!

Anoniem ·

Die man sing te pragtig. Ek geniet hom en sy groep “Touch of Class” geweldig. Nie seker hoekom sy maat nie saam op die verhoog is nie, maar ja. Ek glo hy gaan ‘n groot sukses maak van sy optrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.