Video: Wikus lek lippe af vir nog enkelsnit-sukses

Wikus Botma.

Afrikaanse musiekliefhebbers het hulle “Brannewynlippe” afgelek met die uitreiking van Wikus Botma se debuutenkelsnit. Die liedjie word gereeld op die radio gespeel en is op al wat ʼn sokkie is te hoor.

Die musiekvideo vir die liedjie, wat sowat vyf maande gelede die lig gesien het, het ook reeds bykans 600 000 kykbeurte op YouTube gehad.

Dié treffersnit word nou opgevolg met die splinternuwe liedjie, “Proe soos nog”. “Ek en my platemaatskappy, Select Musiek, het so twee maande gelede gesê dis nou tyd om ‘Brannewynlippe’ op te volg met iets vars,” vertel Botma aan Maroela Media by sy huis in Pretoria.

“Ek het die liedjie self geskryf en is baie opgewonde om te sien of dit dieselfde trefkrag gaan hê as ‘Brannewynlippe.”

Botma het onlangs verloof geraak het aan Michaela Mallett. Die twee het tydens die inperkingstyd ontmoet toe Botma begin melktert verkoop het om die beursie ʼn bietjie voller te maak.

Mallett het hom destyds verras met haar yslike bestelling van 30 melkterte, wat sy eintlik net gekoop het omdat sy van Botma se musiek gehou het.

Botma het Maroela Media bederf met ʼn heerlike melktert en meer vertel oor dié enkelsnit. Kyk hier na die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.