Die Wit Kersfees Wonderland-geleentheid wil Kersfees op ʼn musikale manier vier deur ʼn Europese Kersfees na Suid-Afrika bring.
By dié geleentheid sal The Capital Chamber Orchestra en Armonia Theatre Chorus onder leiding van Schalk van der Merwe, met gaskunstenaars Helena Ceronio en Henry van Dyk, vir die allermooiste Europese Kersmusiek sorg.
Schalk van der Merwe het op die ouderdom van 23 reeds sy eie volle opera, Mozart’s Magical Flute, dirigeer. Ander operas wat hy dirigeer het, sluit in Madama Butterfly, Carmen, Bastien und Bastienne, Amahl and the Night Visitors, Die Fledermaus, en Eine Nacht in Venedig.
Schalk se visie is om orkeste van verskillende gemeenskappe bymekaar te bring om die standaard van klassieke musiek in Suid-Afrika te verhoog.
Wit Kersfees Wonderland vind op 25 November by Rietvlei‑gesinskerk plaas. Vir meer inligting besoek die Facebook-blad hier.
lees jeremia 10:1-5 waar die bewyse kersfees dit die afgod word wakker