Wen: Bosveld fees soos min

Spoegwolf (Foto: Frits Visser)

As jy moeg is vir die lewe in die stad dan kom die Bietjie Bos-fees net op die regte tyd op jou pad.

Hierdie fees word van 5 tot 7 Augustus op die plaas Marakeli by Thabazimbi aangebied en feesgangers kan uitsien na ʼn naweek van musiek en kampering in die Bosveld.

Kunstenaars wat sal sorg vir ʼn propvol musiekprogram sluit in Spoegwolf, Early B, Black Cat Bones, Riaan Benadé, Martin Bester, Bernice West, Akkedis, Die Melktert Kommissie, Zebraman, Saarkie en Danny Smoke.

Die rocker Valiant Swart gaan ook daar wees en hy meen dit is hoogtyd dat die Bosveld weer op horings geneem word.

“Ek is baie opgewonde oor die fees,” sê hy. “Ek was hopeloos te lanklaas in die sonnige Thabazimbi se wêreld. Ek het nog altyd net baie goeie tye daar gehad.

Valiant Swart. (Foto: Facebook)

“Behalwe vir die lekker feesatmosfeer, sien ek verskriklik uit om die ander bands te sien optree en weer te rock ʼn roll soos in die bad old days. Elektriese kitare, dromme en yskoue bier – wat meer kan ʼn mens vra? Die line-up is kookwater! Sien jou in die mosh pit!”

Straatligkinders se Bouwer Bosch sien uit na hulle optrede by die fees en om hulle musiek weer met aanhangers te deel.

“Dit is altyd fantasties om in die Bosveld te wees en om ʼn show in die buitelug te doen waar jy nie net jou gunstelingliedjies vir mense kan sing nie, maar dit ook onder die sterre kan doen. Dit is waar natuur en musiek bymekaar kom, en dit is twee van die mooiste goed in die wêreld.

“Ons kan nie wag nie! Feesgangers kan van ons ou classic songs verwag, asook ʼn paar lekker stoute covers,” verklap Bosch.

Peach van Pletzen, ʼn lid van die satiriese Afrikaanse duo Van Pletzen, sê dat dinge net lekker kan raak wanneer ʼn klomp musikante so in die bos byeenkom.

Van Pletzen.

“In die bos kan ʼn mens raas so hard soos jy wil. En ons gaan RAAS! Verwag al die massive hits, ʼn lewendige show met fabulous techno glam.”

Die Bietjie Bos-fees se hekke maak Vrydag 5 Augustus om 13:00 oop en daar is hope plek waar jy en jou familie of vriende behoorlik vir die naweek kan nes skop met verskeie nabygeleë kroeë en kosstalletjies wat gereed staan om feesgangers te bedien.

Daar is verskeie kaartjieopsies vir mense wat graag hierdie fees wil bywoon: dag-, naweek- en BBP-kaartjies, asook spesiale pakkette vir tentverblyf en kampering.

Kaartjies vir die naweek sluit die kampeerplek in, maar feesgangers is self vir tente en kamptoerusting verantwoordelik. Klik hier om kaartjies te koop.

Besoek ook Bietjie Bos-fees op Facebook, Instagram of die webwerf vir meer inligting.

Skryf in

Vyf Maroela Media-lesers staan elk die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen vir die Bietjie Bos-fees wat van 5 tot 7 Augustus op die plaas Marakeli by Thabazimbi aangebied word. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 27 Julie om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit 27 Julie om 23:45.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik. Die kaartjies sluit ʼn kampeerplek in, maar die wenners is self vir tente en kamptoerusting verantwoordelik.
  • Indien die Bietjie Bos-fees uitgestel word sal wenners se kaartjies steeds geldig wees vir die nuwe datums waarop die fees plaasvind.
  • Wenners ontvang geen alternatiewe pryse indien die fees weens onvoorsiene omstandighede gekanselleer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.