Werner sing oor Hanrie Visagie op Top-20

Werner van der Hoven. (Foto: Kontentmint)

Werner van der Hoven, bekend as lid van die groep Jack & June, het pas sy jongste enkelsnit uitgereik.

“Hanrie Visagie” volg op sy vorige suksesvolle enkelsnit, “Wynland”, en betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek.

Die aktrise Cindy Swanepoel en die sanger en akteur Hamilton Wessels vertolk die hoofrolle in die musiekvideo vir “Hanrie Visagie”.

Bobby van Jaarsveld se “Verlore seun” het verlede week die Top-20 betree en klim vandeesweek vyf plekke na die sewende posisie.

Ruhan du Toit se “Mag ek jou laaste wees” klim vandeesweek met ses plekke na die 14de posisie. Die musiekvideo van dié liedjie is reeds meer as 140 000 keer gekyk en die liriekevideo van dié lied is nou al meer as 684 000 keer gekyk.

Eloff neem weer die eerste plek in met “Vlerke”. Riaan Benadé se “Boksemdais” neem die tweede plek in, en Brendan Peyper se “Soen soos wat jy dans” is in die derde posisie.

In vandeesweek se Top-20 is daar ses liedjies wat klim, vier wat onveranderd bly, een wat die treffersparade betree en nege liedjies wat hulle plekke verloor.

1. Eloff – “Vlerke”
2. Riaan Benadé – “Boksemdais”
3. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
4. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
5. Die Piesangskille – “Inge 2”
6. Die Piesangskille – “Diepseeduiker 17”
7. Bobby van Jaarsveld – “Verlore seun”
8. Chris Steyn – “Helemal”
9. Demi Lee Moore – “Hart breek”
10. Bok van Blerk – “Dis raak”
11. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
12. Steve Hofmeyr – “Romy”
13. Appel – “Buffel van Buffelsfontein”
14. Ruhan du Toit – “Mag ek jou laaste wees”
15. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
16. Brendan Peyper – “Moegdans”
17. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
18. Die Piesangskille – “Lyntjie”
19. Joshua na die Reën saam met Karlien van Jaarsveld – “Beter vir ons albei”
20. Werner van der Hoven – “Hanrie Visagie”

Maroela se keuse:

Jan Blohm kuier in die Maroela Media-ateljee. (Foto: Maroela Media)

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Esté Meyer Jansen, inhoudsredakteur, deel die vyf Afrikaanse liedjies wat vandeesweek vir haar uitstaan:

1. “Ai my lam” – Ryno Velvet
2. “Kulkuns” – Bittereinder saam met Chris Chameleon
3. “17 Shots” – Christia Visser
4. “Groen trui” – Jan Blohm
5. “Komma” – Fokofpolisiekar

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Werner se video laat my dink aan Friends, waar Ross nie se Emily nie, maar Rachel. LoL! Fantastiese video en snit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.