‘Anoniem’: ʼn Eerlike blik op geweld teen vroue in SA

Anoniem (Foto: Verskaf)

Anoniem (Foto: Verskaf)

Die verhoogproduksie, Anoniem: dit kon jou naam wees, handel oor geweld teen vroue en is eersdaags by die Batter Boys Village in Montana in Pretoria te sien.

Dié eenvrou-produksie gaan oor feitelike en skokkende statistiek: Duisende vroue word maandeliks in Suid-Afrika mishandel en dit bly ʼn skrikwekkende en toenemende werklikheid.

Sandra Simone Visser, wat die hoofrol vertolk, sê dié produksie is bedoel om mense se oë te laat oopgaan oor vrouemishandeling. “Die beskikbare statistiek van mishandeling in Suid-Afrika is steeds duister, omdat baie van die slagoffers nie die mishandeling onthul nie,” het sy gesê.

Visser was ook self ʼn slagoffer van vrouemishandeling. “Deur dié produksie hoop ek om die stilte te verbreek en vir ander vroue te wys dis oukei om te praat. Ek verstaan hoe hulle koppe werk, ek het self te lank stil gebly.”

Sy vertolk die karakter Anoniem, wat vroueregte ʼn tasbare werklikheid maak en meer voelbaar as wetgewing en statistiek. “Dit is belangrik dat ʼn vrou nooit haar naam en identiteit vergeet nie; Anoniem verskaf insig van hoe geweld binne ʼn verhouding die selfkonsep van die slagoffer verwronge en gebroke agterlaat,” verduidelik sy.

Anoniem poog om ʼn geheelbeeld van haarself te skep en weer vrou te word. Hierdie is die verhaal van honderde duisende vroue in Suid-Afrika.”

Anoniem word op 2 Augustus by die Batter Boys Village in Montana, Pretoria, opgevoer. Die sanger, Joe Foster, is die gaskunstenaar.

Die regie is behartig deur Jacques H Botes en die teks is verwerk deur JJ Visser.

Vir meer inligting en kaartjies, skakel Sandra-Simone by 071 441 0076 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

Besoek ook hul Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vroueregtevegter ·

Aan een kant veg ons vir vroue en kinderregte, maar aan ander kant, tussen ons, onder ons eie mense, is daar soveel simpatiseerders met Oscar soos ons in die ander berig nou hier op Maroela kan sien. Hoe redeneer hulle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.