Frank op sy stukke in ‘Reünie’

Frank Opperman in “Reünie” (Foto: Woordfees-program)

Met Frank Opperman op die verhoog kan jy maar agteroorsit en ontspan – jy is in goeie hande.

Reünie, geskryf deur Dana Snyman, was te sien by die Woordfees in Stellenbosch. In dié stuk hou die 1980-matriekgroep van Hoërskool Totius reünie. Dis 43 jaar later, weens die pandemie.

Met net ʼn koelboks, skoolbaadjie, ʼn paar trefwoorde en ʼn ander stemtoon vermaak Opperman as byna 15 verskillende karakters, waaronder as die verteller Adam Boshoff. Dis ʼn lag met ʼn traan – want lank gelede het die matriekgroep saam ʼn tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer.

“Jy kan vorentoe leef, maar net terugwerkend verstaan,” verduidelik die verteller.

Opperman bewys weereens hy is onverbeterlik in eenmanstukke.

Met Frank Opperman
Regisseur De Klerk Oelofse
Skrywer Dana Snyman
Produksiebestuur Marie Vogts

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.