Afrikaanse rocker nou mentor op ‘The Voice’

Francois van Coke

Francois van Coke. (Foto: Verskaf)

M-Net het die afgelope week aangekondig dat die Afrikaanse rocker Francois van Coke die vierde beoordelaar en mentor van die derde seisoen van The Voice SA gaan wees.

Hy sal saam met die Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Riana Nel, die kletsrymer Riky Rick en die sangeres Lira op die The Voice SA-paneel dien. Lira is die enigste paneellid wat deel was van die vorige twee seisoene. Karen Zoid, Bobby van Jaarsveld en Kahn Morbee is deur Van Coke, Nel en Riky Rick vervang. Anele Mdoda van 5Fm-faam is die nuwe aanbieder.

“Dit gaan interessant wees om te sien hoe Francois grense gaan verskuif om vars kunstenaars, wie se musiek die gees van ons tyd vasvang, te help ontwikkel,” het Lani Lombard, hoof van bemarking by M-Net, luidens ʼn mediaverklaring gesê.

“Francois is bekend vir sy onverwagse toertjies en deelnemers wat iets nuuts wil probeer, maar steeds baat wil vind by die vaardighede van ʼn uiters talentvolle kunstenaar en sanger, kan nie verkeerd gaan deur hom as hul mentor te kies nie,” het sy gesê.

Van Coke is ook tans elke Maandagaand te sien in die eerste seisoen van sy eie kykNET-kletsprogram Die Van Coke Show.

Die derde seisoen van The Voice SA skop op Sondag 3 Februarie op M-Net af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VanAfrika ·

Ek gaan dit nie kyk nie, nie een van die vier of Anele is n gunsteling by my nie. Bobby en Kaan het gesig vir The Voice gegee. Dis al hoekom ek gekyk het. Karen was ook nie n gunsteling nie, maar oor Bobby en Kaan het ek gekyk, was tot op n life show gewees.

Teleurgesteld ·

Ek is ook teleurgesteld. Die van Coke Show is regtig ‘n klomp nonsens. Ek dink Anele sal goed doen, eks mal oor haar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.