Fliekresensie: Weskus-liefde blom in ‘doller-as-kop-af’-liefdesverhaal

DIE TRAGIESE SAAK VAN PAMINA VERMAAK
⭐⭐⭐⭐⭐⭐(6/10)
Met Carla Smith en Christiaan Schoombie
Regisseur: Kabous Meiring
(DStv Box Office)

ʼn Mens sien sommer van die begin af hierdie Aspoestertjie is moeilikheid op ʼn fiets! Pamina Vermaak, vernoem na Pamina in Mozart se Die Towerfluit, is ʼn loskop-Dolla.

In Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak kan Pamina kan nie haar tong beheer nie, maak sy orals die verkeerde geluide, sit altyd haar voet daarin, en gaan geen kompromieë aan nie.

Wanneer sy haar werk by ʼn glanstydskrif verloor, vlug sy na haar ma aan die Weskus. Daar ontmoet sy ʼn  rocker, gespeel deur Christiaan Schoombie. Hy het ʼn nare ervaring met sy musiek gehad, sy is getraumatiseer omdat sy g’n man kan vertrou nie. Hulle haat dit om van mekaar te hou, maar die liefde laat hom nie in ʼn blik druk nie. En dan is daar haar gekompliseerde verhouding met haar halfbroer.

As jy sommer net ʼn doller-as-kop-af-liefdesverhaal soek met ʼn interessante, eksperimentele styl, kleurvolle karakters en ʼn baldadige uitbundigheid, sal jy dalk identifiseer met Pamina se eksentrisiteite. Dis soms ʼn bietjie onewe, maar altyd vrolik.

Duane Williams en Carla Smith in “Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak”. (Foto: Verskaf)

Onthou net, nie almal gaan aanklank vind by die lekker loslit-styl nie, maar as jy Valentynsdag saam met jou geliefde wil vier, sal jy Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak ʼn hartjie gee.

Vanaf 11 Februarie op DStv Box Office beskikbaar.

(6/10)

Kyk hier na die lokprent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.