Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Mense van die wind’ gee hoop te midde van tragedie

Armand Aucamp as Louw van Lier in ‘Mense van die wind’.

Mense van die wind, ʼn nuwe Afrikaanse rolprent met Armand Aucamp in die hoofrol as musikant Louw van Lier, het Vrydag op Netflix begin wys.

Die fliek vertel die verhaal van Louw, ʼn sanger en liedjieskrywer van Pretoria, wat uit die stad vlug nadat sy meisie, Karien, in ʼn fratsongeluk dood is.

Op die rustigheid van sy familie se plaas en in die bekende omgewing van sy jeug vind Louw vertroosting. Hy hoop dat sy selfopgelegde isolasie hom sal help om vrede met die geweldige verlies van sy liefde te maak, en om stadigaan weer sy lewe te herbou.

Louw help onwillig op te plaas, wat deur sy suster en swaer bestuur word, en sy pad kruis weer met dié van ʼn eksmeisie en hy raak vriende met ʼn mishandelde tienerseun, Venter. Louw en Venter vind mekaar in musiek en so help hulle mekaar om na moeilike tye weer op te staan.

Die res van die rolverdeling sluit Greta Pietersen, Juan de Wet, Nieke Lombard, Ramey Short, Diani Gernandt en Renier Basson in.

Volgens die regisseur, David Carl Schröder, is Mense van die wind ʼn verhaal van hoop te midde van tragedie.

“Dit is ʼn verkenning van hoe ʼn gebrek aan openheid, eerlikheid en ʼn gewilligheid om kwesbaar te wees voor diegene wat jy liefhet, uiteindelik lei tot swaarkry. Die fliek se temas is universeel, en ek glo dat ʼn wye gehoor hierby aanklank sal vind.”

Mense van die wind is nou op Netflix te sien.

Kyk hier na Floris Groenewald se resensie van Mense van die wind:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Snowball ·

Effe vervelig julle. Van die een tragiese karakter na die ander in te veel tonele met geforseerde onoortuigende gewroeg. Mens is heeltyd lus om te vra: “Ja, en toe?” Dit benodig ‘n erge dosis oemf!

Delia ·

Vir my nie eintlik diepte in die rolprent nie. Wag eintlik nog vir iets om te gebeur…..toe is die fliek verby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.