Die benoemings vir die jaarlikse Tempo-toekennings is bekend.
Die gewilde televisiereeks Vlug na Egipte het vyf benoemings ontvang vir onder meer TV-reeks van die jaar (drama of sitkom). Leandie du Randt en Marion Holm is ook genomineer vir aktrise van die jaar (drama of sitkom) vir hul rol in dié reeks. Leandie is boonop ook vir aktrise van die jaar (rolprent) benoem vir haar rol in onderskeidelik Die Windpomp en Mooirivier.
Nataniël (Die Nataniël Tafel), Karen Zoid (Die Republiek van Zoid Afrika) en Emo Adams is genomineer vir TV-aanbieder van die jaar.
Die rolprente Ballade vir ʼn Enkeling, Mooirivier en Leading Lady is almal benoem vir rolprent van die jaar.
Laurika Rauch en Riana Nel is albei genomineer vir kontemporêre album van die jaar terwyl Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld en Dewald Wasserfal almal genomineer is vir liedjie van die jaar.
Anchien Troskie (Vermis op Allesverloren), Chris Karsten (Die Respektabele Meneer Hartslief), Deon Meyer (Ikarus), Francois Smith (Kamphoer), Harry Kalmer (ʼn Duisend Stories oor Johannesburg) en Kerneels Breytenbach (Ester) is almal benoem vir die boek van die jaar.
Lede van die publiek het tot 3 Junie kans om hier vir hul gunstelinge te stem. Die wenners word op 9 Junie tydens die toekenningsgeleentheid bekend gemaak.
Hier volg ʼn volledige lys van benoemdes:
Nuweling van die jaar:
Adam Barnard – Ruk My tot Stilstand
Ashton Nyte – Moederland
Burgerd & Zita – Burgerd & Zita
Sharoney – In Ons Fairytale
Stiaan Reynierse – Sonde
Vegas – Beste Tyd van Jou Lewe
Gospelalbum van die jaar
Danie Botha – Ge-anker
Dewald Gouws – Stuur My
Duis:Lig – Duis:Lig 2
Louis Brittz – Kook vir die Koning 2014
Manne Wat Glo – Manne Wat Glo
Rudi Muller – Tetelestai
Kontemporêre album van die jaar
Adam Tas – Want Jy Is Boer
Dewald Wasserfall – #EkEnJy
Laurika Rauch – Wals Wals Willemien
Manie Jackson – Onthou My
Riana Nel – Die Regte Tyd
Robbie Wessels – Als Wat Ek Het
Pop/Sokkie-album van die jaar
Bobby van Jaarsveld – Maak ’n Wens
Eden – Nooit Oud Raak Nie
Karlien van Jaarsveld – My Hartjie
Kurt Darren – Lied vir die Vrou
Lianie May – Naweeklyfie
Snotkop – Soos ’n Boss
Musiekvideo van die jaar
Adam – Goud
Bobby van Jaarsveld – Een vir Een
Elizma Theron – My Hart Bloei vir Jou
Karlien van Jaarsveld – Ek Wil Nie Kwaad Gaan Slaap Nie
Kurt Darren – Dans op die Tafels
Lianie May en Jay – Naweeklyfie
Nádine – Skildery
Nicholis Louw – Bring die Storm
Riana Nel – Weier
Snotkop – Dikkelicious
Liedjie van die jaar
Adam Tas – Draadloos Dae
Bobby van Jaarsveld – My Alles
Dewald Wasserfall – Gebore om te Lewe
Eden – Dirty Dancing
Juanita du Plessis – As Vandag My Laaste Dag Is
Karlien van Jaarsveld – My Hartjie
Kurt Darren – Dans op die Tafels
Lianie May en Jay – Naweeklyfie
Riana Nel – Tweede Kans
Snotkop – Dikkelicious
TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies
Boer Soek ’n Vrou
Die Nataniël Tafel
Kokkedoor
Musiek Roulette
Noot vir Noot
Republiek van Zoid Afrika
TV-aanbieder van die jaar
Emo Adams – Jou Show
Hannes van Wyk – Bravo!
Jak de Priester – Reis na Gister
Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika
Nádine – Musiek Roulette
Nataniël – Die Nataniël Tafel
TV-reeks van die jaar: Drama, Sitkom
Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra
Pandjieswinkelstories
Sterlopers
Vallei van Sluiers
Vlug na Egipte
Akteur van die jaar: Drama, Sitkom
Chris van Niekerk – Vlug na Egipte
Frank Opperman – Vlug na Egipte, Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra, Pandjieswinkelstories
Marcel van Heerden – Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra
Marno van der Merwe – Sterlopers
Nico Panagio – Vallei van Sluiers
Stian Bam – Vallei van Sluiers
Aktrise van die jaar: Drama, Sitkom
Franci Swanepoel – Sterlopers
Jana Fischer – Vallei van Sluiers
Karen Wessels – Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra
Leandie du Randt – Vlug na Egipte
Marion Holm – Vlug na Egipte
Tinarie van Wyk-Loots – Vallei van Sluiers
Sepie van die jaar
7de Laan
Binnelanders
Villa Rosa
Sepie-akteur van die jaar
Erik Holm – Binnelanders
Hans Strydom – Binnelanders
Lieb Bester – Villa Rosa
Stefan Ludik – Binnelanders
Theodore Jantjies – 7de Laan
Wilhelm van der Walt – 7de Laan
Sepie-aktrise van die jaar
Brümilda van Rensburg – Binnelanders
Chantel Stander – Villa Rosa
Desiré Gardner – Binnelanders
Diaan Lawrenson – 7de Laan
Jo da Silva – 7de Laan
Nadia Valvekens – Binnelanders
Rolprent van die jaar
Ballade vir ’n Enkeling
Die Spook van Uniondale
Knysna
Konfetti
Leading Lady
Mooirivier
Akteur van die jaar: Rolprent
Armand Aucamp – Ballade vir ’n Enkeling
Bok van Blerk – Leading Lady
Edwin van der Walt – Ballade vir ’n Enkeling
Ian Roberts – Die Windpomp
Louw Venter – Konfetti
Neels van Jaarsveld – Knysna
Aktrise van die jaar: Rolprent
Brümilda van Rensburg – Leading Lady
Donnalee Roberts – Ballade vir ’n Enkeling
Erica Wessels – Alles Wat Mal Is
Leandie du Randt – Die Windpomp, Mooirivier
Marga van Rooy – Die Windpomp
Rolanda Marais – Ballade vir ’n Enkeling
Radio-aanbieder van die jaar
Amore Bekker – RSG
Mariëtta Kruger – RSG
Martelize Brink – RSG
Martin Bester – Jacaranda FM
Maurice Carpede – Smile 90.4 FM
Rian van Heerden – Jacaranda FM
Leesboek van die jaar
Anchien Troskie – Vermis op Allesverloren
Chris Karsten – Die Respektabele Meneer Hartslief
Deon Meyer – Ikarus
Francois Smith – Kamphoer
Harry Kalmer – ’n Duisend Stories oor Johannesburg
Kerneels Breytenbach – Ester
Waar is Steve hofmeyer en Treurgrond
Hy sal nie daar wees nie Huisgenoot boikot hom Afrikaans is groot het skouspel doodgemaak en nou sulk hulle