kykNET kondig dorp van die jaar vir 2020 aan

Kareedouw (Foto: Facebook)

In Sondagaand se episode van kykNET se gewilde joernaalprogram, Kwêla, is Kareedouw as die tiende wenner van die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie gekroon.

Dié Oos-Kaapse dorp se naam word nou by ’n gesogte lysie van wenners ingesluit. Die ander twee dorpe in die top-drie was Swellendam (tweede) en Port Edward (derde).

Kareedouw NG-kerk (Foto: Facebook)

Swakopmund het in 2019 met die louere weggestap en Jeffreysbaai, Mosselbaai, Mariental, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg het ook al die Dorp van die Jaar-kroon gedra.

Die Kwêla Dorp van die Jaar-titel word toegeken aan die dorp wat die meeste SMS-stemme gekry het in die laaste stemweek van die kompetisie.

Karen Meiring, Hannes van Wyk,, Wilna Moolman en Francois Strydom (die dryfkrag agter Kareedouw se veldtog), Christo Valentyn en Loren Greyling. (Foto: kykNET)

Nie net kan Kareedouw nou met ’n gesogte titel spog nie, maar Kwêla se produksiespan skiet ’n advertensie van 45 sekondes vir dié dorp. Dit sal boonop ook gebruik word in die R1 miljoen-lugtyd wat Kareedouw kry om die dorp te bemark.

Die dorp wen ook die KIA-makietie wat op die dorp aangebied sal word sodra openbare samekomste weer toegelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Scalla ·

Knap gedaan Kareedouw, ek was nog nooit in my lewe daar nie, gaan beslis die dorp besoek, wys net klein dorpies hoef nie terug te staan nie, nogmaals geluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.