Nuwe reekse op Showmax te sien

Dwayne Johnson in Ballers (Foto: Showmax)

Talle eksklusiewe reekse en ʼn rits programme van DStv, met internasionale reekse en plaaslike programme is nou beskikbaar op Showmax.

Onthou dat jy ook sommige sportgeleenthede regstreeks op Showmax kan kyk.

Hier is ʼn paar hoogtepunte uit Augustus:

HBO’s Ballers S5

Spencer (Dwayne Johnson) sal na verwagting dié seisoen volspoed begin om dinge met die NCAA op te klaar. Hy wil seker maak dat geregtigheid seëvier ná sy broer se selfmoord – sal hy dit regkry? Nuwe episodes elke Vrydag om 21:30 vanaf Maandag, 26 Augustus. Kyk seisoen 1 – 4 nou »

Project Blue Book 

Kollegeprofessor dr. J Allen Hynek word deur die Amerikaanse Lugmag aangestel om VVV-voorvalle in die 1950’s te ondersoek. Die reeks is geïnspireer deur die ware gebeure van die hoogs geheime Project Blue Book-operasie.

Project Blue Book is eerste op Showmax te sien. Kyk nou »

Siren S2B

Ben, Maddie en Ryn doen alles in hul vermoë om die groep meerminne, wat in Bristol Cove opgedaag het, veilig te hou en hulle te versteek. Hul pogings word verhinder deur faktore buite hul beheer.

Siren is eerste op Showmax te sien. Kyk nou »

Kidding S1

Jim Carrey is te sien as Jeff Piccirillo, beter bekend as Mr Pickles – ʼn persoonlikheid op ʼn jarelange poppekasprogram. Jeff se wêreld stort in duie wanneer sy oudste seun sterf.

Nuwe episodes elke Vrydag om 22:30 vanaf 9 Augustus. Kyk nou »

Zog

Zog is ʼn jong drakie wat wil goed doen by Dragon School, waar hy alles leer oor hoe om te vlieg, te brul en vuur te blaas. Arme Zog het egter ʼn hele paar uitdagings op sy pad, hoofsaaklik omdat hy so lomp is.

Zog is eerste op Showmax te sien, en jy kan ook ander Julia Donaldson-flieks op Showmax sien soos The Gruffalo.

Kyk die fliek nou »

Nog hoogtepunte

  • Sweet Bitter S1: ʼn Plattelandse meisie probeer ʼn bestaan maak as ʼn kelnerin in New York. Kyk nou »
  • Gangland Undercover S1-2: Die ware verhaal van ʼn misdadiger wat aan ʼn geheime operasie deelneem om ʼn gewelddadige motorfietsbende aan te keer. Kyk nou »
  • Six S1: ʼn Span van die Amerikaanse Vloot se SEALs moet ʼn marinesoldaat red wat in Nigerië ontvoer is. Kyk nou »
  • The Royals S4: ʼn Sepie met ʼn skandalige weergawe van die Britse koninklike familie. Met Liz Hurley. Kyk nou »
  • Radio Raps Live: Laat Ek You So Sê & Dingetjies en Goetertjies: Twee van Jonathan se skerpskertsvertonings. Kyk nou »
  • Stroomop: ʼn Ondersteuningsgroep leer waardevolle lesse. Kyk nou »
  • Tertjag Die Melktert Kommissie & Klopjag Live: Afrikaanse musiekgroepe kom saam vir ʼn spesiale reünie.

Hoe kry jy Showmax?

Kry ’n voorsmakie van al die Showmax-aksie met ’n twee weke gratis proeflopie.  Daarna kos dit slegs R99 per maand om duisende plaaslike en internasionale reekse, rolprente en dokumentêre programme te geniet.

As jy ’n DStv Premium intekenaar is, sal Showmax jou nie ’n enkele sent meer kos nie. Gaan eenvoudig na www.showmax.com/dstv om in te teken en geniet volledige toegang tot Showmax teen geen ekstra koste nie. DStv Compact Plus-intekenaars kan Showmax byvoeg teen slegs R49 per maand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.