Opwindende flieks en reekse in November op Showmax te sien

Daar is ’n groot verskeidenheid Hollywood-flieks en plaaslike gunstelinge wat van November op Showmax te sien is – en sommige van dié reekse is slegs op Showmax te sien.

Internasionale reekse

Counterpart, S1
JK Simmons is Howard, ʼn werknemer van die Verenigde Nasies wat ontdek sy agentskap steek ʼn parallelle dimensie weg waar die agente in ʼn Koue Oorlog gewikkel is. Dan ontmoet hy sy dubbelganger, letterlik uit ’n spieëlbeeld-realiteit en een van die topspioene. Hy raak betrokke by ʼn ingewikkelde komplot van moord en doodslag. Kyk nou »

Luther, S1-4
Idris Elba is Luther, ʼn briljante maar emosioneel impulsiewe speurder. Hy gebruik sy vaardighede om die gewelddadigste misdadigers aan te keer, maar dit is dalk ten koste van sy eie stabiliteit. Kyk nou »

Criminal Minds: Beyond Borders, S1-2
Soms loop dinge skeef wanneer jy oorsee is. Amerikaanse burgers kan die FBI se interne afdeling kontak. Dié groep Criminal Minds ondersoek misdaad oor die wêreld heen.
Beplande vrystellingsdatum: 19 November 2018

Future Man, S1 | Eerste en slegs op Showmax
Josh uitoorlê ’n baie moeilike videospeletjie en soldate uit die toekoms kies hom om die wêreld te red. Maar dan besef hulle hy is eintlik ’n baie groter niksnuts as wat hulle gedink het.  Kyk nou »

Vanity Fair, S1 | Weekliks nuwe episodes
Hierdie splinternuwe aanskoulike reeks is ’n verwerking van William Thackeray se novelle in 1848 oor Becky Sharp en haar vriende en familie tydens die Napoleontiese Oorloë. Met Olivia Cooke, Tom Bateman en Johnny Flynn. Kyk nou »

Internasionale flieks

Pain & Gain
Gebaseer op werklike gebeure. Drie gym-mal spiertiere – gespeel deur Mark Wahlberg, Dwayne Johnson en Anthony Mackie – ontvoer ’n ryk sakeman in ’n poging om self ryk te word. As hulle maar net so slim was soos hulle plan klink…  Kyk nou »

PS I Love You
Holly se wêreld stort in duie wanneer haar man Gerry ná ʼn siekbed sterf. Dan begin daar briewe by haar opdaag – briewe wat Gerry voor sy dood geskryf het, omdat hy geweet het sy gaan hom selfs meer nodig hê wanneer hy weg is. Hou die snesies reg vir hierdie tranetrekker! Kyk nou »

She’s Out of My League
Almal is stomgeslaan wanneer die pragtige en suksesvolle Molly op Kirk verlief raak, ’n gemiddelde ou met ’n loopbaan sonder enige ambisie. Nou moet Kirk ’n plan maak om die verhouding te laat werk, sonder enige hulp van sy vriende, sy familie of sy eks.  Kyk nou »

Anchorman 2: The Legend Continues
Ron word verlei deur ’n pos by die wêreld se eerste 24-uur wêreldwye kabelnuusnetwerk, en stel ’n span saam om weer die luggolwe te ry. Maar hulle gaan al hulle malligheid moet inspan om kykergetalle te verbeter en om hulle hardekwas nuwe baas te beïndruk.
Beplande vrystellingsdatum: 8 November

Gladiator
Sy naam is Maximus, ’n eens grootse Romeinse generaal. Die keiser se agterbakse seun het hom as slaaf verkoop, maar die krygsman veg sy pad terug na glorie, en neem wraak vir die verlies van sy familie. ’n Klassieke moderne fliek.
Beplande vrystellingsdatum: 8 November 2018

Nim’s Island
Sy is die skrywer van die wêreld se mees geliefde avontuurverhale, maar sy het nog nooit haar huis verlaat nie! Wanneer ’n aanhanger op ’n afgeleë eiland haar hulp inroep, moet Alex haar gemaksone verlaat en ’n warrelwind avontuur meemaak.
Beplande vrystellingsdatum: 12 November 2018

School of Rock
Dewey is desperaat vir kontant en aanvaar ’n pos as musiekonderwyser by ’n eksklusiewe privaat skool. Die akademie is egter nie gereed vir sy unieke ruk-en-rol-eskapades nie!
Beplande vrystellingsdatum: 12 November 2018

Safe House
Matt se loopbaan as CIA-agent verwelk in Kaapstad, maar sy groot kans kom toe ’n agent, wat afgedwaal het, by sy plek van veiligheid opdaag. Hulle het egter skaars kans om voor te berei wanneer huursoldate hulle aanval om die verraaier, en enigiemand wat hom bystaan, te vermoor.
Beplande vrystellingsdatum: 15 November 2018

Jack Reacher
Vyf doodgewone mense word doodgeskiet in ’n oënskynlik lukrake aanval. Die verdagte is ’n voormalige skerpskutter van die weermag. Wanneer hy in aanhouding ondervra word, sê hy net een ding: “Kry vir Jack Reacher.” Maar kan Jack dié raaisel oplos?
Beplande vrystellingsdatum: 19 November 2018

Jack Ryan: Shadow Recruit
Jack Ryan werk vir die CIA, ’n skynbaar gewone ontleder. Dan ontdek dié nat-agter-die-ore agent ’n plan om die wêreld se ekonomie te vernietig, en in hierdie aksiebelaaide riller is hy die enigste een met die vaardighede om die plan stop te sit.
Beplande vrystellingsdatum: 22 November 2018

Miami Vice
Twee speurders gaan uit hul pad om dwelmbase in die suide van Florida aan te keer. Maar wanneer dinge persoonlik raak, moet hulle als op die spel sit, of die gevaar loop om alles te verloor, selfs hul lewens …
Beplande vrystellingsdatum: 22 November 2018

Parkland
Die berugte sluipmoord op JFK word dikwels benader vanuit die perspektief van die misdaad. Maar hierdie fliek neem ons verby die hoofopskrifte. Van die Geheime Diens tot die film waarop alles vasgevang is: ’n sterbelaaide rolverdeling maak die oomblik lewendig.
Beplande vrystellingsdatum: 22 November 2018

Flight
Vlieënier Whip Whitaker red baie lewens in ’n verskriklike vliegongeluk. Maar dan kom sy afhanklikheid aan dwelms en alkohol terug om aan hom te vreet, en hy word gedwing om groot lewensveranderinge te maak.
Beplande vrystellingsdatum: 26 November 2018

Nuwe dokumentêre

Mommy Dead and Dearest
Toe die polisie op ʼn vrou se liggaam afgekom nadat sy met ʼn skerp voorwerp vermoor is, het hulle gedink haar gestremde dogter is in gevaar. Maar toe die waarheid begin uitkom, is ’n skokkende storie van mishandeling en geestelike onstabiliteit onthul.
Beplande vrystellingsdatum: 15 November

Alinea in Residence: Madrid | First on Showmax
Sjef Grant Achatz is ’n wêreldleier in gastronomie en sy restaurant Alinea (wat met drie Michelin-sterre spog) is beroemd vir kwaliteit. Sit by dié koskenner aan, en beleef die passie wanneer hy ’n nuwe restaurant in Spanje oopmaak.
Beplande vrystellingsdatum: 12 November

Soundbreaking
Van Stevie Wonder tot Dave Grohl – al die bekendste name in die musiekbedryf gesels oor die totstandkoming van die plek wat moderne musiek vir altyd sou verander: die ateljee. Hierdie dokumentêr, in agt dele, vertel die ongelooflike storie van hoe die opname van musiek ontwikkel het.
Beplande vrystellingsdatum: 19 November

Getting to the Nutcracker
Talle dansers kom byeen vir iets groter as hulself: die ballet The Nutcracker. Hierdie vlieg-teen-die-muur-dokumentêr is van die begin af by om die bloed, sweet en trane in te neem van wat dit kos om iets besonders te laat gebeur.
Beplande vrystellingsdatum: 26 November

Nuwe kinderreekse

Marvel’s Spider-Man, S1
Peter Parker ontwikkel superkragte nadat hy deur ’n radio-aktiewe spinnekop gebyt word, en nou kan hy spinnerakke uit sy hande skiet en teen mure uitklim. Hy raak nog gewoond daaraan om ’n superheld te wees, maar die booswigte wag vir niemand nie!
Beplande vrystellingsdatum: 12 November

Marvel’s Ant-Man, S1
Geen uitdaging is te groot (of te klein) vir Ant-Man en die Wasp nie. In hierdie nuwe tekenprent is Ant-Man gereed vir enigiets – van die wêreld red tot sy dogter se inskrywing vir die Wetenskap-skou – en hy’t boonop ’n grappie gereed vir elke geleentheid.
Beplande vrystellingsdatum: 19 November

Disney’s Tangled, S1
Sy is bestem om die heerser van Corona te word, maar eers moet Raponsie nog baie van die wêreld leer. Gelukkig is Eugene, Pascal en Maximus gereed vir die avontuur. Maar dan is daar die hare…
Beplande vrystellingsdatum: 29 November

Nuwe plaaslike reekse

Knysna
Stephanie is verloof aan ’n prins, maar sy kry koue voete en kom kruip in Knysna weg. Plaaslike leeglêer Dolf dink sy’s net ’n gewone vakansie-besoeker en raak op haar verlief. Wanneer die waarheid uitkom raak dinge lekker gek in hierdie aweregse romantiese komedie.  Kyk nou »

Die Laaste Tango
Nadat hy byna ’n grusame moordondersoek laat ontspoor, word ’n speurder na ’n klein dorpie gestuur, waar ’n vrou hom help om weer sy pad te vind. Maar dan duik die reeksmoordenaar weer op en wil wraak neem. ’n Spannende misdaad-riller. Kyk nou »

Alison
Nadat sy verkrag en meer as 60 keer met ’n mes gesteek is, word Alison Botha vir dood agtergelaat. Sy oorleef en maak ’n triomf van haar tragedie. Nou neem sy haar boodskap van hoop wyd en syd, en dié dokumentêr volg haar op haar reis. Kyk nou »

Suidooster S3
Al die drama duur voort vir die mense van Ruiterbosch, wanneer Bianca probeer om haar verslawing af te skud en die geheime begin uitkom. Jy wil nie die nuwe seisoen van dié gewilde Afrikaanse sepie misloop nie, waar passie en desperaatheid saam in die pot geroer word. Kyk nou »

ʼn Paw-Paw vir My Darling
Ontmoet die Beeslaers, ’n familie geharde drinkers waarvan die bure maar al te graag ontslae wil raak. Wanneer hulle seun by die huis opdaag met ’n onverwagse meisie, volg ’n reeks skreeusnaakse gebeure in hierdie skerp, aweregse komedie. Kyk nou »

Sy Klink Soos Lente
As jy van ’n lekker romantiese komedie hou, moet jy jou maar gereed maak om jou hart te verloor op Amalia Uys en Stiaan Smith in hierdie kostelike liefdesverhaal oor ’n onsuksesvolle motorwerktuigkundige wat maak of hy in ’n musiekgroep is om sy baas se dogter te beïndruk. Kyk nou »

Silwerskerm-filmfees | Eerste op Showmax
Beleef die nuwe stemme van die Afrikaanse rolprentbedryf met kykNET se Silwerskerm filmfees-versameling: al die uitstekende kortfilms wat die ongelooflike talent harnas wat tans in Suid-Afrika die lig sien.
Beplande vrystellingsdatum: 8 November

Mense Mense, S1
Bobby van Jaarsveld het dié sitkom geskryf waar hy ook in die hoofrol te sien is. Rossouw, ʼn pasgeskeide kêrel, bly saam met sy vriende in dieselfde woonstelblok. Hy begin ’n nuwe lewe in die stad terwyl sy vriende aan hulle app, “Mense” werk.
Beplande vrystellingsdatum: 8 November

Knapsekerels, S1
In Paul C Venter se gewilde reeks word die Bekkers, Zimmermans, Davidse en Fortuins almal vasgevang in ’n stryd om oorlewing in Johannesburg. Verwag baie aksie en intrige.
Beplande vrystellingsdatum: 8 November

Survivor SA, S6
Die wêreld se mees vermaaklike spel is terug, dié keer in die Filippyne. Agtien deelnemers word op ’n afgeleë eiland in die Palawan-provinsie afgelaai en net die mees slinkse van hulle sal oorleef en as wenner gekroon word.
Beplande vrystellingsdatum: 8 November

Projek Aardwolf, S1-5
Kyk weer na al die seisoene van hierdie omgewings- en reisprogram, aangebied deur die legendariese joernalis, wild-entoesias en voormalige 50/50-aanbieder, Johann Botha.
Beplande vrystellingsdatum: 15 November

Kampkos, S1-4
Kuier saam met aanbieders John-Henry en Beáte Opperman en reis saam deur Suid-Afrika waar hulle by ATKV-oorde inloer en kampkos maak saam met bekendes.
Beplande vrystellingsdatum: 15 November

Die Afrikaners, S1
Gebaseer op die boek deur Herman Giliomee. Hierdie dokumentêre reeks vertel die storie van die fassinerende geskiedenis van Afrikaanse mense.
Beplande vrystellingsdatum: 19 November

Elke Skewe Pot, S2
Hulle sê daar is ’n pasmaat vir elkeen, en in hierdie skreeusnaakse sitkom probeer vier vroue met behulp van hulle afspraakwebwerf pasmaats vind vir almal. As hulle eie persoonlike lewens maar net so suksesvol was soos hulle webwerf!
Beplande vrystellingsdatum: 19 November

Dorpsdraai, S1
ʼn Groot deel van Suid-Afrika se skoonheid en geheimenisse lê in haar klein dorpies opgesluit. In hierdie aangrypende nuwe reeks word ons meegevoer na hierdie versteekte juwele, en word daar gekyk na die uitdagings, suksesse en beloftes wat hulle inhou.
Beplande vrystellingsdatum: 22 November

Sara se Geheim, S2
Die matriarg Sara hou al vir dekades ’n donker geheim om haar seun te beskerm. Maar alles begin ontrafel wanneer ’n skokkende gebeurtenis die familie ruk, in hierdie uitstekende dramareeks.
Beplande vrystellingsdatum: 22 November

Die Boodskap, S2-S5
Dienste gelei deur geestelike leiers van reg oor die land, met praktiese, konstruktiewe en uitdagende boodskappe, begelei deur lieflike musiek.
Beplande vrystellingsdatum: 26 November

Koffieboon, S1
Kry jou koffie-skop met aanbieder Johrné van Huyssteen, waar hy unieke koffiewinkels ontdek en dinge soos koffie-burgers en koffie in ’n roomyshorinkie proe.
Beplande vrystellingsdatum: 29 November

Kyk dié flieks en reekse nou »

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.