Resensie: Boeiende laaste buiging vir ‘The Crown’

THE CROWN
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐ (7/10)
Met Elizabeth Debicki en Imelda Staunton
Skepper: Peter Morgan
(Op Netflix)

Dit maak nie saak waar jy heengaan nie, almal klets oor The Crown. Ongelukkig was net die eerste vier episodes gereed vir uitsending, daarom eindig episode vier by die koningin se besluit oor hoe sy moet optree ná prinses Diana se dood.

Die seisoen beeld Diana se laaste dae uit, en konsentreer op haar warm, liefdevolle verhouding met haar seuns, prinse William en Harry, en haar vriendskap met Dodi Fayed.

Het sy en Dodi regtig ʼn verhouding gehad? Dit is ʼn geheim wat The Crown in episodes een tot vier verklap, veral in die derde episode. Die ergste is: episode drie is waar Diana sterf. Dit is hierdie episode wat die meeste kritiek gekry het, want niemand weet wat werklik tussen Diana en Dodi in die hotel gebeur het voor hul dood nie.

Die feit is: The Crown gaan veelbesproke wees, of jy nou glo wat Peter Morgan opgedis het of nie. Dit gryp jou aan en boei jou met ʼn stewige sin vir die dramatiese. Natuurlik gaan almal wat Netflix het daarna kyk, want dit is tans hul gewildste reeks. Hoe jy gaan voel oor hoe The Crown met feite omgaan, sal jy maar self moet sien.

Fflyn Edwards as prins Harry, Elizabeth Debicki as prinses Diana, en Rufus Kampa as prins William. (Foto: IMDb)

(7/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.