Resensie: Treffende weermagreeks ingewikkeld, taai

CLASS OF ‘09                    
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐(7/10)
Met Kate Mara en Sepideh Moafi
Skepper: Tom Rob Smith
(Disney+)

ʼn Mens moenie Class of ‘09 vlak kyk nie. Die besondere en ingewikkelde storie wat in verskillende tye en verskillende vlakke afspeel, is nogal taai en jy moet konsentreer.

Dit begin aanvanklik met ʼn groep kadette wat opgelei word om by die FBI aan te sluit. Daar blyk fout met een van hulle te wees, en alles is nie soos dit op die oppervlakte lyk nie. Kunsmatige intelligensie steek ook kop uit.

Dit gaan ook oor Brian Tyree Henry as Tayo, wat dit moeilik vind om  by te hou, en wat later met hom gebeur. Hy word later hoof van die FBI, maar dinge loop skeef.

Die reeks gaan oor opleiding, verraad, kameraderie, politiek in die FBI, en die verhoudings tussen die manskappe, wat natuurlik ook vroue insluit, soos die gedugte Kate Mara as ʼn geheime agent.

Kate Mara in “Class of ’09”. (Foto: IMDb)

Sy hou almal fyn dop, maar wie is hier regtig in beheer?

As jy van politieke reekse met ʼn weermag-agtergrond hou, is Class of ‘09 bietjie anders as die gewone skiet-, skop- en doodbloeireekse op televisie. Probeer dit bietjie en kyk of jy daardeur kan sit.

(7/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.