Sepiegids: Binneland se geheime onder druk

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Cindy Swanepoel as Annelise in “Binnelanders”.

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET
Maandag 9 Mei
Druk word uitgeoefen om al Binneland se geheime uit te lap, terwyl Steve nie gelukkig is met Conrad se idee nie. Brandon gee Conrad iets om oor na te dink.

Dinsdag 10 Mei
Tertius is oorgehaal om At se invloed stop te sit. Marissa kry onverwagte nuus – en ʼn uitnodiging. Tracy probeer om meer oor Zee uit te vind, terwyl Annelize nie op haar mond geval is nie.

Woensdag 11 Mei
Martin se oë gaan oop oor sy toekoms, terwyl Steve uitgevra word oor Marissa se privaat lewe. Tracy dink Tertius is onredelik met Zee, en Steve se tyd om kant te kies loop uit.

Donderdag 12 Mei
Tertius dwing Annelize om die grootste besluit van haar lewe te neem. Zee skraap al haar moed bymekaar om ʼn dokter teen te gaan, en ʼn verjaarsdag verras ʼn onvoorbereide Steve.

Vrydag 13 Mei
Conrad is ferm op die oorlogspad. Chanel is onrustig oor ʼn stralende gesprek, terwyl Zee en Tertius ongemaklik met mekaar is. Zee maak ʼn bietjie meer oop teenoor Tracy.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 9 Mei
Danni probeer om tot verhaal te kom. Susan ondersteun Justin in sy soeke na ʼn doel in die lewe, terwyl Tim weer op die oorlogspad is.

Dinsdag 10 Mei
Justin het ʼn dag vol verrassings, terwyl Tim ondersteuning én verraad op onverwagse plekke vind. Danni maak oop teenoor Wade, en Siya dra swaar aan sy geheim.

Woensdag 11 Mei
ʼn Moeilike dag wag op Danni. Susan praat Justin moed in, terwyl Tim en Zoe lelik vassit ná die raadsvergadering.

Donderdag 12 Mei
Chris raak agterdogtig wanneer Siya uit die bloute aan al sy kerkaktiwiteite onttrek. Bridgette plaas druk op Zoe om die seefronteiendom te verkoop, maar Tim maak heimlik planne.

Vrydag 13 Mei
Siya sukkel om met sy dade saam te leef, terwyl Zoe haar huwelik probeer red. Justin kry ʼn blink plan vir ʼn nuwe loopbaan.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET
Maandag 9 Mei
Simon rig ʼn versoek aan Zappa. Kristien maak planne om Anastasia se nuus stil te hou. Pine besef hy het nog gevoelens vir Kristien.

Dinsdag 10 Mei
Maryke ontdek iets oor haar sproete. Bibi sukkel om Jordan te vergewe. Zappa se gewete pla hom.

Woensdag 11 Mei
Anastasia en Ryno se geheim word openbaar gemaak. Zappa besoek Simon in die hospitaal. Kristien en Pine besef hulle lei mekaar in die versoeking.

Donderdag 12 Mei
Die Stryder-familie is in skok. Bibi is in twee geskeur oor haar en Jordan se toekoms. Ryno en Anastasia moet saam besluite oor die toekoms neem.

Vrydag 13 Mei
Lulu deel ʼn moeilike en hartseer waarheid met die Stryder-gemeenskap. Zappa worstel met sy skuldgevoelens. Kristien beskerm die Stryders teen ʼn mediastorm.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 9 Mei
Angel verwerp Priester se buitensporige aanbod wat Ingrid en die Greylings baie ontstel. Thys vra Daniel om verskoning en stem in tot die onderhoud. Beatrice ondersoek Morne se verlede.

Dinsdag 10 Mei
Thys vra Ronel om verskoning vir sy slegte gedrag. Anton vertel Candice dat hy gevoelens vir Ruby het. Priester dreig om sy sakeverhouding met Ingrid te beëindig.

Woensdag 11 Mei
Angel besef iets is fout met Priester se gedrag. Die beheerraad besluit om Morne by Hoërskool Arendsvlei toe te laat. Ronel kry goeie nuus oor haar toneelstuk.

Donderdag 12 Mei
Angel kry ʼn aanbod vir blyplek, maar haar omstandighede kan dalk drasties verander. Morne maak ʼn positiewe indruk op Alta-Marie. Ruby stort ineen tydens ʼn danssessie met Avukile.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.