Sepiegids: Groot besluite word geneem in ‘Suidooster’; Henry, Lettie se troudag breek aan in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Royston Stoffels as Sammy in “Suidooster”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 18 Maart

Karen probeer haar bes om ʼn moedelose Gaby op te beur, Delia is bang sy het valse verwagtinge geskep, en Tertius ontvang ʼn ontstellende brief.

Dinsdag 19 Maart

Tertius is nie seker of hy oop kaarte met Conrad moet speel nie. Die standaarde by Tonik val daagliks, en Uys waarsku Liam oor sy nuwe verhouding.

Woensdag 20 Maart

Thalia is ontsteld omdat Louis vir Naomi vermy. Conrad is oortuig Tertius en Tracy voer iets in die mou, en Steve sê iets wat Delia ontstel.

Donderdag 21 Maart

Gaby probeer nader aan Rian kom, en Steve en Conrad besluit ʼn sekere liefdeskontrak moet geteken word. Naomi bieg dat sy nie vir Louis wil verloor nie.

Vrydag 22 Maart

Daar is ’n klopjag by die oorplantingseenheid, en Delia ontbied vir Dawid. Gaby raak desperaat en Rian het ʼn voorstel. ʼn Aandete raak baie ongemaklik.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 18 Maart

Die spanning tussen Zoë en Bridgette bou verder op. Wade sien gevaarligte flikker oor Ty, terwyl Mymoena en Sammy ʼn intieme oomblik deel.

Dinsdag 19 Maart

Bridgette worstel met ʼn groot besluit wat verreikende gevolge vir haar kan hê. Mymoena voel skuldig oor haar oomblik met Sammy.

Woensdag 20 Maart

Mymoena moet ʼn baie groot besluit neem, en haar kinders het sterk gevoelens daaroor. Bridgette doen iets drasties, terwyl Ty en sy gesin ʼn baie emosionele dag beleef.

Donderdag 21 Maart

Lee-Ann soek antwoorde. Danni mis haar huis en ʼn onverwagte besoeker daag by Bridgette se huis op.

Vrydag 22 Maart

Ty verloor weer sy humeur, terwyl Mymoena ʼn moeilike gesprek met haar kinders voer. ʼn Hoofstuk in Ruiterbosch se geskiedenis word afgesluit.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 18 Maart

Felicity word gekonfronteer met ʼn skokkende waarheid. Henry en Lettie geniet elkeen hulle aandjie uit voor die troue.

Dinsdag 19 Maart

Mari maak dit duidelik dat sy wil nie hê Ben moet hom oorhaastig in enigiets begewe nie. Arno onthul aan Karla dat Felicity sy ma is.

Woensdag 20 Maart

Henry en Lettie se groot dag breek aan. Mari is woedend vir Ben. Arno en Charity sukkel met hulle nuwe realiteite.

Donderdag 21 Maart

Die spanning tussen Sanet en Mari lei tot skokkende gebeure. Anja besef sy moet haar afrigtingstem laat hoor.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 18 Maart

Beatrice ontvang onverwagse hulp. Lennie deel die plan van aksie met Eva, en Janice het gemengde gevoelens oor haar nuwe begin.

Dinsdag 19 Maart

Emile en Lennie is op Tanner se spoor. Lee-Roy betrap vir Janice en Lionel in ʼn ongemaklike situasie. Bompie en Rachel herontdek mekaar.

Woensdag 20 Maart

Lennie en Emile trek vir Tanner vas. Nicolene se plaasvervanger kom by die skool aan en maak die vroue se bene lam. Adam laat nie vir Bompie toe om naby Canaan te kom nie.

Donderdag 21 Maart

Rachel keer terug skool toe. Lee-Roy val nie vir Devon se sjarme nie. Bompie probeer om vir Adam deel van sy bende te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.