Sepiegids: Gys kry skok van sy lewe in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Gys kry die skok van sy lewe in ‘Diepe waters’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 16 Januarie

Kittie dryf Elise teen die mure uit terwyl Thalia haar hart teenoor Louis en Naomi oopmaak. Karen kry haar plan in werking, en Tracy vertel vir Lood in watter opsig sy hom beny.

Dinsdag 17 Januarie

Annelize rig ’n waarskuwing aan Elise, en ’n swierige ete is dalk net die antwoord om die senuwees te kalmeer. Ruan sit Lood op sy plek terwyl Karen op Tertius staatmaak.

Woensdag 18 Januarie

Elise wil bedank, en Annetjie vrees vir haar lewe. Stiaan gee vir Karen die koue skouer terwyl Tracy vir Thalia oor Ruan aanspreek. Louis en Naomi berei voor vir ’n ernstige gesprek.

Donderdag 19 Januarie

Karen probeer om antwoorde aan Gaby te verskaf, en Liam probeer haar tot ander insigte bring. Annetjie se slegte nuus ken geen einde nie terwyl Uys ʼn ambulans moet ontbied vir Elise.

Vrydag 20 Januarie

Steve probeer sy frustrasies ignoreer terwyl vertroue ʼn struikelblok raak tussen sibbe. Nuus oor Elise versprei soos ʼn veldbrand terwyl Annelize wonder wat aan die gang is met Karen.

Suidooster

Weekdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 16 Januarie

Almal begin uitvind van Susan en Keith. Nazeem veg hard vir Jeremy om te bly terwyl Zoe en Tim voel hy moet gaan. Rhafiek besef iets oor homself.

Dinsdag 17 Januarie

Rhafiek het nuwe hoop, maar beraam Kaashifa dalk reeds ʼn ander plan? Bridgette neem ʼn drastiese besluit oor Zoe en Nazeem se projek, terwyl Bennie en Susan ʼn onverwagte besoeker ontvang.

Woensdag 18 Januarie

Linda het groot nuus, en Rhafiek neem ʼn dapper besluit. Nazeem speel met vuur, maar laat iemand anders met verbrande vingers.

Donderdag 19 Januarie

Bennie is vasberade om vir Linda werk in die Kaap te kry. Ty sien ʼn spook uit die onlangse verlede en Bridgette het ʼn voorwaarde vir Zoe.

Vrydag 20 Januarie

Linda is opgewonde oor haar eerste werkdag by die apteek, maar dan loop dinge skeef. Nazeem reageer nadat Zoe hom ondermyn het in ʼn vergadering terwyl Wade en Angie mekaar raakloop.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 16 Januarie

Rossouw en Anja neem ʼn groot besluit terwyl Johan iets doen om sy privaatheid te beskerm. Pam gee vir Zelda ʼn ultimatum, en Gys kry die skok van sy lewe.

Dinsdag 17 Januarie

Gys soek woorde om die nuus te breek, en Pam is moeg gewag – sy soek antwoorde by Zelda. Jacques reik uit na Anja en Tommy maak ʼn ontdekking.

Woensdag 18 Januarie

Karla tel spanning op tussen haar ouers, en maak dan ʼn skokkende aankondiging. Pam en Zelda moet diep delf vir inligting, en Meghan het ʼn plan om geld in te bring.

Donderdag 19 Januarie

Johan se matriekuitslae maak dat hy sy fokus na Nina verskuif en dit is alles behalwe gesond. Jacques probeer ʼn vermoede bevestig, terwyl Nina vir Karla probeer ondersteun ná ʼn moeilike dag.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 16 Januarie

Laetitia wil vir Augusta uit haar lewe uit hê. Ayesha se swangerskap pla vir Langes. Janice vat vir Emile aan omdat hy inligting oor haar swangerskap met Langes deel.

Dinsdag 17 Januarie

Nicolene is selfs nog meer versot op Xander en Clint word agterdogtig. Parra en Laetitia beraam ʼn nuwe plan wanneer hulle uitvind hul geld is weg.

Woensdag 18 Januarie

Die Cupido’s ontvang die uitslae van Anthony se DNS-toetse. Ayesha neem ʼn moeilike besluit oor haar verhouding met Langes. Parra en Laetitia probeer opstaan teen Augusta.

Donderdag 19 Januarie

Beatrice en Thys beplan om met Gertie te praat oor alles wat aangaan maar Anthony kom eerste by haar uit. Clint doen navraag oor Xander en kom tot ʼn skokkende ontdekking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.