Sepiegids: Gys se wapen op moordtoneel gevind in ‘Diepe waters’; Karen se verrassing misluk in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Gys Swarts (Justin Strydom) in “Diepe waters”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 25 Desember

Tracy kondig die wenner van die Kersfees-olimpiade aan, en Delia word onkant betrap wanneer Steve sy planne met die kinders deel. Louis neem ʼn desperate besluit.

Dinsdag 26 Desember

Brenda bederf die manne met ontbyt, maar Uys is steeds nie seker of hy haar kan vertrou nie. Tot Tertius se ontsteltenis, raak Nina verlief – op die vooraand van haar vertrek. Louis kom voor ʼn baie moeilike besluit te staan.

Woensdag 27 Desember

Nina vertrek met ʼn gebroke hart, en Tracy en Tertius is positief oor die jaar wat voorlê. Delia voel skuldig en sy wonder of Steve iets vermoed. Brian Els plaas druk op Louis, en Louis gaan oor tot aksie.

Donderdag 28 Desember

Almal is in rep en roer wanneer ʼn pasiënt skielik oorgeplaas word, en twee Binnelanders sukkel om van mekaar af weg te bly. Tertius is oorgehaal om die babakamer in te rig.

Vrydag 29 Desember

Nuus oor ʼn pasiënt versprei soos ʼn veldbrand deur Binneland, en Karen se verrassing draai nie uit soos sy beplan het nie. Conrad se vermoede groei oor ʼn moontlike misdryf.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 25 Desember

Dit is Kersdag in Ruiterbosch, maar JPD se planne vir die kinderhuis neem ʼn onverwagse wending. Laylla verras Nazeem met haar vernuf, terwyl Susan en Elana ʼn skok kry tydens hulle buurtwagrondtes.

Dinsdag 26 Desember

Dit is vakansie, maar Bridgette verwag van almal om terug by die werk te wees. Justin is weer onverantwoordelik, terwyl Nazeem en Laylla meer tyd saam deurbring.

Woensdag 27 Desember

Nazeem het ʼn dag vol verrassings, en Aiden kom ʼn nare ding oor. Carlo bring ʼn interessante vriend huis toe, terwyl Rhafiek die kollig by JPD steel.

Donderdag 28 Desember

Susan en Aiden word streng aangespreek terwyl Mrs. J en Kate iets verdag sien en wonder of hulle betrokke moet raak. Die noodlot werk in Nazeem se guns.

Vrydag 29 Desember

Rhafiek laat Nazeem twee keer dink oor sy verhouding met Laylla. Aiden het uit desperaatheid iets gedoen om jonger te lyk, terwyl Mrs. J en Kate help om ʼn dief vas te trek.

  • Suidooster se lokprent vir vandeesweek se sepiegids was teen die tyd van publikasie nog nie beskikbaar nie.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 25 Desember

Die Swartse maak reg vir Kersdagvieringe. Johan neem ʼn groot besluit oor sy swemtoekoms terwyl die waarheid oor Theresa se probleme duidelik raak.

Dinsdag 26 Desember

Johan en Jacques maak hulle terugkeer na die swembad, maar Johan se gedagtes bly by Theresa. Farooq en Emily is op pad huis toe – of so dink hulle.

Woensdag 27 Desember

ʼn Storie oor ʼn moord in die parkie ontstel Anja, en Johan se goeie daad lei tot ʼn potensiële groter probleem. Arno het ʼn nuwe idee vir sy musiek.

Donderdag 28 Desember

Gys word verkies tot die Sakeraad, en Tommie en Arno besluit op ʼn naam vir hulle musiekgroep. Gys se geweer word op ʼn misdaadtoneel gevind.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 25 Desember

Beatrice is net betyds terug vir Kersfees. Janice verdwyn en ʼn bekommerde Lionel en Langes kry haar in die parkie waar sy met Bompie gesels. Almal behalwe Thys is gelukkig met Beatrice se besluit.

Dinsdag 26 Desember

Desmond gee vir Bompie opdrag om Janice fyn dop te hou. Beatrice en Abigail het ʼn ernstige gesprek oor die pad vorentoe. Lionel gee vir Janice ʼn waardevolle geskenk, min wetend hoe sy daarop gaan reageer.

Woensdag 27 Desember

Thys stel ʼn nuwe benadering aan Lionel voor om Janice terug te wen. Tereska, Lennie en Gio werk saam om Emile se verjaarsdagpartytjie ʼn verrassing te hou. Kyle keer terug na Arendsvlei.

Donderdag 28 Desember

Lee-Roy stel vir Lionel voor dat hy uit die huis moet trek, Tereska maak haar gevoelens aan Emile duidelik, en Kyle moet ʼn moeilike besluit maak. Bompie raak rusteloos en gaan soek vir moeilikheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.