Sepiegids: Iemand wil emigreer in ‘Binnelanders’, Bennie los bom in ‘Suidooster’

Reynardt Hugo en Desiré Gardner in ‘Binnelanders’. (Foto: skermgreep)

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag, 11 September

Tertius reël ʼn verrassing vir Daleen en Nina, At vind uit Bets is terug in Pretoria, en Febé vind uit van Uys se slinkse plan.

Dinsdag, 12 September

Tertius erken hy oorweeg om ʼn groot stap te neem, Hugo is bekommerd oor ʼn pasiënt, en Nina raak sinies oor die toekoms. Uys konfronteer vir Bonnie, en Naomi besef Bets is haweloos.

Woensdag, 13 September

Febé en Uys het ʼn reuse misverstand, en Steve is op die oorlogspad wanneer hy besef At is paranoïes. Tertius begin om Nina se versoek ernstig te oorweeg.

Donderdag, 14 September

Louis en Naomi sit vas oor Bets, en intussen beïndruk Bets vir Thalia. Uys kan nie besluit wat hy moet doen oor sy verhouding met Febé nie, en dit lyk asof iemand wil emigreer.

Vrydag, 15 September

Febé is hewig ontsteld wanneer sy van Uys se planne te hore kom, en die Koster-familie is baie gespanne. Naomi help Bets met ʼn versoek, maar wanneer At hulle betrap, is hy nié tevrede nie.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag, 11 September

Kate tree buite haar gemaksone op terwyl Ty, Lee-Ann en Bridgette vure moet doodslaan. Danni en Siya se wêreld word verder op sy kop gedraai.

Dinsdag, 12 September

Lee-Ann en Ty stry oor hoe hy konflik hanteer. Rassie laat nie gras onder sy voete groei nie en daar is vrese oor waar Aiden homself bevind.

Woensdag, 13 September

Lee-Ann raak toenemend besorg oor Carlo, maar Ty wil niks hoor nie en bly vir hom skerm. Justin wil op ʼn meer permanente basis by Radio Dassie werk, terwyl Bennie nog ʼn bom laat bars.

Donderdag, 14 September

Ty begin twyfel oor Carlo, terwyl Danni en Siya na Brendan se broer uitreik. Rhafiek en Susan gaan ʼn ooreenkoms aan met Rassie, en die reisigers is terug van Frankryk.

Vrydag, 15 September

Ty vertel ʼn leuen om iemand te beskerm, terwyl Mrs J se lojaliteite verskeur word. Kate sê vir Justin hy het die omroeperspos gekry, min wetend dat dit nie so is nie.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag, 11 September

Jaco maak ʼn baie goeie indruk op Pam. Karla voel al hoe meer uitgesluit, terwyl Sanet na Meghan uitreik. Gys herinner Arno aan hulle ooreenkoms.

Dinsdag, 12 September

Karla voel sy is gereed vir ʼn groot stap, maar het haar eie voorwaardes. Jaco paljas vir Pam behoorlik, en Charity maak ʼn bietjie oop teenoor Johan.

Woensdag, 13 September

Bybie vrees vir Meghan se lewe. Johan vat ʼn kans op Charity. Gys is hard met Karla, en Valencia ontstel Lettie. Gys wil Jaco ontmoet, en Riaan dreig Zelda.

Donderdag, 14 September

Anja is angstig oor haar eksamen. Henry deel sy planne met Tshepo. Pam stel Jaco voor aan haar familie, en Rian maak ʼn ontstellende ontdekking.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag, 11 September

Hein worstel met ʼn gevoel van onrustigheid binne homself. Thys en Bianca se verhouding bly wankelrig met Zyla wat in beide se ore fluister. Bompie berei sy soldate voor om ʼn oorlog teen die skool te loots.

Dinsdag, 12 September

Adam oortuig die sokkerspelers om wapens te begin dra. Ayesha waarsku Langes dat sy nie sal toelaat dat hy haar klasse omver gooi nie. Hein en Yvette stel hulle verhouding op die proef, maar besef hulle kan nie wat verlore is, terugkry nie.

Woensdag, 13 September

Beatrice en Thys voel positief omdat daar nie weer enige intimidasie by die skool was nie, maar dan raak dinge skielik baie erger. Zyla bly konkel agter Bianca se rug, maar Saartjie is agterdogtig en besluit om haar te toets.

Donderdag, 14 September

Beatrice en Thys word deur woedende ouers by die skool gekonfronteer. Hein wag vir die misterieuse vrou om by die bakkery op te daag. Bianca is ontsteld oor die video op sosiale media van Thys wat met die bende baklei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.