Sepiegids: Ingrid skep spanning tussen Daniel, Angel in ‘Arendsvlei’

Cantona James as Daniel in ‘Arendsvlei’.

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET
Maandag 2 Mei
Zee sien iets wat sy nie moet nie, en die mans in Chanel se lewe is nie die enigste rede vir haar warboel van emosies nie. Jeremy se onderhoud met At hou groot nagevolge in.

Dinsdag 3 Mei
Daar word druk op Conrad uitgeoefen om in te gryp met At, maar At is taaier as ʼn ratel. Zee is op die regte plek – maar die verkeerde tyd. Annelize se veggees word aangewakker.

Woensdag 4 Mei
Marissa en Brandon sit nie om dieselfde vuur nie. ʼn Koerantberig, en ʼn aanhaling, laat Annelize rooi sien. Zee praat met Karen oor Liam. Martin probeer sy keuse verduidelik.

Donderdag 5 Mei
Chanel neem ʼn besluit oor haar operasie. Conrad en Annelize stem vir die eerste keer in ʼn lang tyd nie saam oor die pad vorentoe nie, en At is bereid om bitter vuil te speel.

Vrydag 6 Mei
Die groot besluit oor Binneland se toekoms rus swaar op Conrad se skouers. Elton gee vir Hugo ʼn pluimpie, terwyl Zee onkant gevang word met nuus.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 2 Mei
Mymoena weet nie watter kant toe nie, terwyl Justin toenemend onvergenoegd by die werk is. Simon vra Mrs J se hulp met sy begrafnisreëlings.

Dinsdag 3 Mei
Simon plaas nog meer druk op Danni om hom te help en sy moet drastiese besluite neem. Mymoena konfronteer vir Esther Graaff om te probeer sin maak van alles wat gebeur het.

Woensdag 4 Mei
Wade vermoed Simon beplan iets verskrikliks, terwyl dinge by Oos Wes terugkeer na normaal. Ty moedig Justin aan om die waarheid te praat.

Donderdag 5 Mei
Justin se gewete pla hom en Kaashifa baklei by Bridgette vir sy werk. Simon voel skuldig, maar gaan weer probeer.

Vrydag 6 Mei
Danni kry skoknuus en Siya worstel met sy gewete. Zoe probeer vrede skep tussen Tim en Wade, terwyl Justin ʼn nuwe werksgeleentheid kry.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET
Maandag 2 Mei
Bibi ontdek die waarheid oor Jordan en Amanda. Ryno gee Ashton aan by die polisie. Maryke oorweeg plastiese chirurgie.

Dinsdag 3 Mei
Lulu neem die babas saam om vir Simon te besoek. Anastasia deel die waarheid van haar situasie met Ivy. Amanda probeer om dinge met Bibi reg te maak.

Woensdag 4 Mei
Sam vind uit van Pine en Kristien se verlede. Amanda word almal se slaansak. Die realiteit van Simon se situasie tref Lulu.

Donderdag 5 Mei
Anastasia deel groot nuus met Ryno. Simon probeer om Lulu weg te stoot. Bibi moet besluit of Jordan kan terugtrek huis toe.

Vrydag 6 Mei
Bibi en Amanda maak vrede. Maryke is vasberade om haar sproete te laat verwyder. Simon voel soos ʼn las vir Lulu.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 2 Mei
Daniel probeer alles om Angel van die Greylings weg te kry. Dit is die aand van Thys se kunsuitstalling, en Ronel maak dinge ongemaklik vir die gaste.

Dinsdag 3 Mei
Ingrid tart Daniel opnuut wanneer sy ʼn geheim oor Angel verklap. Thys ontvang slegte nuus en wil sy kunswerke vernietig. Eva berei voor vir ʼn passievolle aand met Lennie.

Woensdag 4 Mei
Candice moet moeilike lewensbesluite neem. Ruby konfronteer vir Anton oor sy obsessie met Monique. Priester en Ingrid konkel agter Angel se rug.

Donderdag 5 Mei
Yvette beskuldig Tannie Theron daarvan dat sy haar kind gesteel het. Beatrice ontmoet ʼn belowende nuwe leerder. Thys wil nie hê Daniel moet ʼn artikel oor sy uitstalling doen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.