Sepiegids: Naomi sien vir wie Joline loer in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Naomi sien vir wie Joline (Rika Nieuwoudt) loer in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 8 Augustus                                                          

Conrad is oorgehaal om Sharon te konfronteer. Steve wonder hoekom Vicky nie aan ʼn skoolaktiwiteit wil deelneem nie. Zee se planne maak Danny nuuskierig.

Dinsdag 9 Augustus                                                              

Harde woorde val tussen Conrad en Hugo, en daar is groot kommer oor Ongevalle wanneer Tertius slegte nuus uit Australië ontvang. Conrad neem ʼn besluit oor die Magalies-kontrak.

Woensdag 10 Augustus

Naomi sien vir wie Joline loer, en Senzo se lewe verkeer in gevaar. Annelize en Conrad is bekommerd oor nuus rakende die Bassons. Ambisie maak Gaby boos.

Donderdag 11 Augustus

Conrad het genoeg gehad en maak nie ʼn moordkuil van sy hart nie. Danny voel skuldig oor ʼn ongeluk. Annelize dink Jeremy is onsensitief, en Conrad erken iets groots aan Steve.

Vrydag 12 Augustus

Die ongeluk het ʼn baie groter impak op Danny as wat hy self besef. Liam is benoud oor Sharon se aantygings, en Steve vra Tracy ʼn baie groot guns. Conrad se optrede beïndruk vir Hugo.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 8 Augustus                                                          

Justin en Susan nooi Wade en Angie om saam weg te breek. Elana is vasberade om Maggie se huwelik te red, terwyl Kaashifa geen lig aan die einde van die tonnel sien nie.

Dinsdag 9 Augustus                                                              

Elana probeer vir Ryno oortuig om huis toe te kom, maar dinge loop skeef. Wade en Angie se geldelike situasie raak al hoe moeiliker. Kate is ongelukkig met Kaashifa se besluit en gryp in.

Woensdag 10 Augustus

Die Du Plooy-huis sukkel om iemand se geheim te bewaar, terwyl Elana onverwags ’n besoeker kry. Wade en Angie vat kanse, en Siya bieg by Bridgette.

Donderdag 11 Augustus

Bridgette wil Siya opkommandeer, terwyl Justin en Wade probeer vrede maak. Intussen maak die Samsodiens reg om Kaashifa tegemoet te kom.

Vrydag 12 Augustus

Wade en Justin het ’n vurige uitval oor hulle maatskappy en veral oor Angie. Kaashifa probeer Rhafiek op ’n afstand hou, terwyl Elana sukkel om aan te pas ná sy vir Maggie-hulle groet.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 8 Augustus                                                          

Jana en Schalk het troukoors. Wouter bevraagteken Fafa se vermoë as afrigter. Amanda se obsessie met Philip is besig om handuit te ruk.

Dinsdag 9 Augustus                                                              

Amanda het planne met Philip. Buks en Nesie ontvang slegte nuus. Lulu word oorweldig deur haar eensaamheid.

Woensdag 10 Augustus

’n Onverwagse gas daag by die stadion op. Philip beland in Amanda se goeie boekies. Tim is vies omdat Jana by sy sake inmeng.

Donderdag 11 Augustus

Petro word steeds vermis. Lulu nooi Wouter vir aandete. Philip en Amanda is bang Tim skryf ’n artikel oor hulle.

Vrydag 12 Augustus

Amanda is jaloers wanneer Philip by ’n Pompom-meisie aanlê. Fafa sit sy voet as hoofafrigter neer. Buks en Nesie ontvang nuus oor Petro.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 8 Augustus                                                           

Dit is Beatrice se beurt om in Ingrid se hofsaak te getuig. Priester sit vas met Ingrid oor sy verhouding met Angel, terwyl Nicolene en Anton ’n impulsiewe besluit oor hul toekoms neem.

Dinsdag 9 Augustus                                                               

’n Onverwagte gas daag op in Arendsvlei en dit veroorsaak probleme vir Anton en Nicolene. Angel is geskok wanneer Priester sensitiewe inligting oor sy verlede met haar deel.

Woensdag 10 Augustus

Thys kondig aan dat hy Lionel en Janice genooi het om te kom domino’s speel en dat Bianca saamkom. Hein en Lukas bespreek hulle kinders se trouplanne en kom tot ’n besluit.

Donderdag 11 Augustus

Hein hou vol dat die troue uitgestel moet word. Lukas vind die waarheid uit oor Justin. Bianca nooi Thys vir ete en vandag is Emile se beurt om te getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.