Sepiegids: Nuwe swemmer in ‘Diepe waters’ veroorsaak skokgolwe

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘n Skermgreep uit vandeesweek se episodes van ‘Diepe Waters’.

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 31 Julie

Liam en Karen sweef behoorlik op ʼn wolk. Liam en Dawid se verhouding word sterker, maar as die waarheid oor Milan se identiteit uitkom, gaan dit weer ʼn skeur in die verhouding veroorsaak.

Dinsdag 1 Augustus

Jeremy besef wat Annelize se planne met Jazzy is, en Rian gee vir Louis goeie raad. Liam wil Karen se ouers ontmoet, Nicolette krap in Milan se verlede, en Tracy bereik self ʼn ooreenkoms.

Woensdag 2 Augustus

Jazzy en Aiden se tyd saam met Annelize kom tot ʼn einde, en Tertius belowe Tracy dat hy met haar mededingers sal praat. Delia verwelkom ʼn nuwe rekonstruktiewe chirurg.

Donderdag 3 Augustus

Delia loop ʼn bloutjie met iemand, en Chiron se bemarkingsveldtog skop af. Milan is ontsteld ná ʼn ontmoeting, en Nicolette wag vir die bom om te bars. Annelize is na aan breekpunt en sy stel ʼn ultimatum aan Conrad.

Vrydag 4 Augustus

Annelize moet afskeid neem en neem dan ʼn baie groot besluit. Delia word verkeerd opgevryf, en Conrad is bekommerd oor Binneland se bemarkingsveldtog. Tertius en Louis stem nie met Rian saam nie.

Suidooster

Weekdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 31 Julie

Angie vind iets skokkend oor Orpa en James uit. Iemand wil ook vir Rita uit die weg ruim, terwyl Aiden se planne vir ʼn stil verjaardag begin ontspoor.

Dinsdag 1 Augustus

Kate en Kaashifa tref die laaste reëlings vir Aiden se verrassingspartytjie. Siya kry skokkende nuus oor die Blignauts en Tim moet noodgedwonge Nazeem se hulp inroep.

Woensdag 2 Augustus

Siya, Danni en Angie probeer die regte ding doen, maar iemand bemoeilik hul taak. Rita voel uiteindelik weer positief, terwyl Nazeem nog ʼn paar kaarte het om te speel.

Donderdag 3 Augustus

Aiden se groot dag skop nie goed af nie. Rita kry skokkende nuus, terwyl Siya ʼn besluit oor die toekoms neem.

Vrydag 4 Augustus

Rita doen onwetend iets wat Nazeem kan skade berokken, terwyl Aiden van die vorige aand se insident herstel. Siya gaan Jeffreysbaai toe om bewyse teen Orpa en James te kry.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 31 Julie

Karla sukkel om kritiek te verwerk. ʼn Nuwe swemmer veroorsaak skokgolwe by die klub. Kurt vang vir Lettie onkant met ʼn onverwagse onthulling.

Dinsdag 1 Augustus

Johan se hart klop tjoklits, maar dinge is nie so maklik soos wat dit lyk nie. Gys raak ontsteld oor Rossouw nie die daad by die woord voeg nie, terwyl Klasie ʼn plan beraam.

Woensdag 2 Augustus

Rossouw sien ʼn oomblik wat sy houding verander. Jacques en Johan het ʼn betekenisvolle gesprek. Wat gaan tussen Charity en Nina aan?

Donderdag 3 Augustus

ʼn Boks vol herinneringe lei tot ʼn verhouding wat aan die brand slaan. Henry is briesend oor wat Tshepo hom vertel, en Johan probeer Charity by Gys verdedig.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 31 Julie

Almal is op die agtervoet ná Bompie, Desmond en Rachel se noue ontkoming. Abigail is steeds rebels selfs na ʼn konfrontasie met Beatrice. Langes en Thabied gaan moskee toe en kry ʼn wonderlike verrassing.

Dinsdag 1 Augustus

Rachel en Bompie vier die sukses van hulle kamstige aanslag op Desmond se lewe. Abigail skok Beatrice nog meer as ooit met haar rebelse gedrag. Langes aanvaar sy Kalimah.

Woensdag 2 Augustus

Bianca het ʼn plan met die onbeskofte Abigail. Janice en Lionel praat weer en Bompie is bekommerd dat sy en Rachel se plan nie gaan werk nie.

Donderdag 3 Augustus

Rachel moedig Adam aan om as haar oë en ore op te tree wanneer sy hom groet en finaal die Galant-huis verlaat. Bianca en Thys probeer Beatrice ondersteun om ʼn verhouding met Abigail te bou. Langes vra Janice en Lionel om hom met sy verlowingsplanne met Ayesha te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.