Sepiegids: Rhafiek verdwyn spoorloos in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘n Skermgreep uit vandeesweek se episodes van ‘Suidooster’.

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 22 Augustus

Jacques is baie uitgeslape en wawyd wakker. Eensaamheid is die oorsprong van baie vrae vir Vicky. Jeremy dring aan op die waarheid en is diep teleurgesteld in Annelize.

Dinsdag 23 Augustus

Delia begin besef dat vertroue in ʼn “vreemdeling” nie maklik oorbrug sal kan word nie. Joline se vredespoging vererger net die situasie. Andries wil vir Amalia sien.

Woensdag 24 Augustus

Delia probeer haar ingewikkelde gevoelens te verwoord aan Conrad, terwyl Tracy nie beïndruk is met ʼn antwoord van Conrad nie. ʼn Nota maak Andries benoud.

Donderdag 25 Augustus

Naomi en Zee spreek hulle bekommernisse oor Danny teenoor mekaar uit. Kennis is nie altyd mag nie, en Steve beraam ʼn plan om nie ʼn afwesige ouer te wees nie.

Vrydag 26 Augustus

Delia is baie bekommerd oor haar pa. Tracy begin haar keuses bevraagteken, terwyl ʼn opgeskeurde nota vir Louis en Andries pla. Danny besef hy en Joline is nie op dieselfde bladsy nie.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 22 Augustus

Wade vind uit Ty wou dinge met hom kom regmaak. Kaashifa sukkel om aan te pas, terwyl Mrs J ’n derde opsie vir haar oorsese toer vind.

Dinsdag 23 Augustus

Wade is vasbeslote om met Angie op te breek, terwyl daar ook verwikkelinge in Kaashifa se lewe is. Tim plaas druk op Bridgette vir ’n antwoord, maar sy sit hom op sy plek.

Woensdag 24 Augustus

Wade plaas druk op Danni en Zoe om hom uit sy huurkontrak te kry. Bridgette het nie tyd vir Tim nie terwyl Kaashifa haarself moet motiveer om die lewe vierkant in die oë te kyk.

Donderdag 25 Augustus

’n Raadop Rhafiek voel dis tyd vir ’n groot gebaar, terwyl Tim se geduld tot die uiterste beproef word. Siya maak ’n skokontdekking, en Wade staan voor ’n vurk in die pad.

Vrydag 26 Augustus

Rhafiek is skoonveld en niemand weet hoekom nie. Danni doen iets moois vir haar vriend en Tim besluit genoeg is genoeg.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET

Maandag 22 Augustus

Fafa is opgewonde oor sy toekoms by die Stryders. Schalk wroeg met ’n moeilike besluit. Die pompoms is vasberade om Philip en Amanda te betrap.

Dinsdag 23 Augustus

Cheryl neem ’n foto van Philip en Amanda. Anastasia help Ryno en Damon met hulle agtervolger. Fafa neem ’n groot besluit.

Woensdag 24 Augustus

’n Media-spektakel dreig om die Stryders se toekoms te benadeel. Wouter konfronteer vir Fafa oor sy skielike besluit. Ryno en Damon het almal aan die gons.

Donderdag 25 Augustus

Amanda kry snuf in die neus oor wie die foto geneem het. Jana stel ’n versoek aan Tim. Ryno en Damon se leuen ruk handuit.

Vrydag 26 Augustus

Die Stryders ontvang slegte nuus. Almal is skepties oor Ryno en Damon se verhouding. Anastasia leer die pompoms ’n les.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 22 Augustus

Debra ontvang skokkende nuus oor Ingrid se hofsaak. Hein en Anton stamp koppe oor die troureëlings. Thys en Beatrice sukkel met die nuus dat Gertie uit die huis gaan trek.

Dinsdag 23 Augustus

Daniel is bekommerd oor Angel se veiligheid. Debra wonder of sy die regte besluit maak om weg te trek. Dit is Ingrid se oordeelsdag in die hof.

Woensdag 24 Augustus

Debra is geskok as die owerhede vir haar onverwagte nuus gee. Janice is uit die veld geslaan wanneer Debra Mortlocks aan haar oorteken. Angel het nagmerries oor Priester.

Donderdag 25 Augustus

Angel sukkel om haar ongelukkigheid vir Daniel weg te steek. Gertie waarsku Dominee oor ’n plan om hom uit die kerk te werk. Dominique probeer vir Thys verlei. Sal hy haar kan weerstaan?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.