Sepiegids: Spioenasie, verraad in ‘Binnelanders’

‘n Skermgreep uit ‘Binnelanders’.

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET
Maandag 18 Julie
Wessel dink hy het ʼn oplossing vir Annelize se probleme. Conrad pleit vir eerlikheid, terwyl Annetjie vir Tracy vra om vir haar ʼn goeie woordjie te doen. Zee praat met Tertius oor Koos.

Dinsdag 19 Julie
Conrad se nuwe idee sluit Delia en Steve in, terwyl Gaby reëlings vir ʼn fotosessie tref. Tertius rig ʼn waarskuwing aan Delia, en Gaby is bekommerd oor haar DNS-toetsuitslae.

Woensdag 20 Julie
Gaby se DNS-uitslae word bekend gemaak, terwyl prof. Struwig in ongevalle beland. Nuus oor At versprei soos ʼn veldbrand en Jeremy word gevra om hom te ondersoek.

Donderdag 21 Julie
Conrad besef hy het geen idee waarmee At besig is nie. Annetjie weet sy moet die bestuur waarsku oor skinderpraatjies, en Delia bevind haar in ʼn ongemaklike posisie.

Vrydag 22 Julie
ʼn Gestry word onderbreek deur ʼn pasiënt in nood. Gaby en Rian se gesprek gaan nie ongesiens verby nie, terwyl Steve dink hulle moet mooi dink oor ʼn voorgestelde ooreenkoms.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 18 Julie
Rhafiek en Kaashifa deel groot nuus met die Samsodiens, terwyl Zoe vir Bridgette ʼn ultimatum stel. Angie plaas baie druk op Wade en Maggie sien op na haar tweede werksdag.

Dinsdag 19 Julie
Wade verras Angie met die sleutels vir hulle nuwe plek en Zoe rig ʼn versoek aan Bridgette. Mymoena is nie te vinde vir Rhafiek en Kaashifa se idees nie.

Woensdag 20 Julie
Kaashifa is vasbeslote om dinge op haar manier te doen, terwyl Ty bekommerd is omdat Wade en Angie geld op meubels vir hulle nuwe plekkie spandeer het.

Donderdag 21 Julie
Bridgette is onrustig oor Tim se nuwe werk, terwyl Ty vis oor Wade se finansies. Kaashifa is bekommerd oor haar planne en Elana doen vir Maggie nog ʼn groot guns.

Vrydag 22 Julie
Bridgette en Tim is weer haaks. Mymoena en Mrs J kry ʼn blink idee, terwyl Wade probeer om die beloofde reeks optredes vir Soundbar terug te kry.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET
Maandag 18 Julie
Die Stryders verwelkom twee nuwe gesigte, en SinBin kry ʼn nuwe redakteur. Leon sluk uiteindelik sy trots en aanvaar Fafa se aanbod.

Dinsdag 19 Julie
Wouter verras die manne met sy harde werk. Lienkie ontmoet vir Philip. Kristien straal behoorlik na haar sessies met Chris.

Woensdag 20 Julie
Die Pompoms ervaar die een teleurstelling na die ander. Candice slyp haar Kupido-pyltjie. Jana kan haarself nie kry om Riana weer te vertrou nie.

Donderdag 21 Julie
Jana stel ʼn ultimatum aan Riana. Wouter is nuuskierig oor Lulu. Philip se natuurlike sjarme maak amok.

Vrydag 22 Julie
Amanda stamp koppe met Tim. Schalk en Jana se bootjie kantel. Philip en Blitz kom nie oor die weg nie.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 18 Julie
Priester kom agter dat Angel in kontak is met Daniel. Ezra en Caleb deel ʼn spesiale oomblik. Wie gaan vanaand as Mnr. en Mej. Arendsvlei 2022 gekroon word?

Dinsdag 19 Julie
In die aanloop tot die Showstopper-geleentheid vertel Caleb vir Ezra dat hy gevoelens vir haar het. Janice oorreed Lionel om vir Thys na ʼn ete by hulle huis te nooi.

Woensdag 20 Julie
Debra en Janice maak ʼn groot ontdekking oor Ingrid se geheime. Daniel probeer Angel oor Priester waarsku, terwyl Ezra haar woede teenoor Caleb verduidelik.

Donderdag 21 Julie
Janice en Debra vertel vir Karelse en die Cupido’s oor die bewyse wat hulle teen Ingrid gevind het. Angel hoor ʼn telefoongesprek tussen haar ma en Ingrid. Is dit die einde vir Ingrid?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.