‘The Voice SA’: ‘Hou op vir Craig beledig’

Craig Lucas (Foto: Facebook)

Die sanger Josh Ansley van The Voice SA-faam het hom Maandag op Facebook uitgespreek oor die skerp kritiek waaronder Craig Lucas van dié reeks gebuk gaan nadat hy Sondagaand regstreeks as die wenner van dié M-Net-sangkompetisie aangewys is.

Craig en Josh is Sondag in ʼn naelbyteindronde as die “Top 2” aangewys, voordat Craig met die louere weggestap het.

Josh het op Facebook gesê hoewel hy dankbaar is vir die geweldige ondersteuning wat hy van aanhangers ontvang, ondersteun hy nie die kritiek wat aanhangers teenoor sy mede-deelnemer uitspreek nie.

Josh het gesê sommige van die plasings teen Craig grens aan mishandeling.

“As julle regtig vir my lief is, ondersteun asseblief my versoek om die neerhalende plasings omtrent Craig te verwyder. Dit maak my seer, en ek weet dat my aanhangers eintlik vriendelike mense met goeie harte is. Asseblief ouens – ek is baie lief vir Craig Lucas. Ek dink hy is ʼn fenomenale sanger en die verdienstelike wenner,” het Ansley geskryf.

Talle aanhangers van dié reeks het die stemproses en deursigtigheid van die reeks bevraagteken.

Aanhangers meen ook dat Craig nié die titel behoort te gewen het nie.

Josh Ansley (Foto: Facebook)

“Die stemme was twee weke gelede ʼn probleem, hoe weet ons dis nie weer die geval nie? Baie geluk aan Craig, maar ek koop liefs Josh se album,” het Chantelle van der Berg geskryf.

“Daar moet ʼn groot fout wees – dit is tog ʼn SMS-kompetisie aan die einde van die dag. Craig is ʼn goeie sanger, maar hy is nie die beste nie. Dit is ʼn baie teleurstellende finaal,” het Eugene van Eck laat hoor.

“Ek is jammer, maar M-Net se kompetisies het vir my hul geloofwaardigheid verloor. Soveel keer in die verlede was daar fout met die stemmery,” het Carla Jonker Steyn gesê.

Talle van Craig se aanhangers het egter teruggekap en gesê hy is die waardige wenner van die reeks.

“Baie geluk, Craig! Jy is nederig en die verdienstelike wenner. Jy het die hele Kaapstad agter jou,” skryf Stefanje Hugo.

“Jy het dié wen verdien. Elke liedjie het diepte gehad en jy het jou eie stempel daarop gedruk. Baie geluk!” het Elmien Cooper gesê.

The Voice SA het nog nie geen opmerking oor die kritiek gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

45 Kommentare

jongste oudste gewildste
saartjie

ag man daai man kan so min sing soos my mal tannie op die man. caroline moes gewen het. en josh moet ons nie se wat om te doen nie. ons het die program vanaf die begin gekyk. die kanpie van n craig kan so min sing as eke. en vals daar by ook. enige person sal wat ik het so gisteraand gesien het dit was n kroek spul. so caroline maak asb n sukses van jou loopbaan as sangeres as. ek ondersteun jou. jy sing fantasties.

Jan

Jammer, maar Craig het maar gesukkel om hier en daar ‘n noot te hou. Die gewildste persoon mag gewen het, maar “The Voice” was verseker Josh, hy sou enigeen van UK se X-Factor of die Amerikaanse ‘The Voice” opdraande gegee het. Hy sou baie gemaklik tussen hulle gewees en, daar tuis gehoort het.

Lynni

Saartjie, het jy nie geluister wat Josh sê nie.
Gun dit vir Graig. Genade dit is nie die uitbreek van 3de wêreldoorlog nie.

BAREND

craig kan nie sing nie

aaai

Suid-Afrika kan tog niks doen sonner een of anner kritiek, ek wens ons wil ophou Amerika na maak en hul kompetisies mimiek. ek kon myself nou nie inhou om nie ook maar n eier te le nie, maar persoonlik dink ek Caroline was oorsaak van die gekullery op fb en soos karma mos nou werk, sal geregtigheid seevier. @saartjie jou mal tannie op die “man” soos jy dit stel, sing seke net so mooi soos Caroline wat jy so mildellik ondersteun (en mag ek se dis nou n stem wat ek defnitief nie meer as een keer wil hoor nie)… Lees meer »