Suid-Afrika se top-universiteitskore gaan van 14 Julie tot 13 Oktober in kykNET se jongste program, Varsity Sing, meeding vir die kroon as die beste universiteitskoor in SA.
Maryke Allers, kykNET se mediabestuurder, sê dié koorkompetisie beloof om kykers op ʼn musikale en nostalgiese reis te neem. “Kykers kan ʼn program van die hoogste gehalte, oorspronklike musiek, unieke komposisies en agter-die-skerms aksie wat die storie van elke universiteit vertel, verwag,” het sy gesê.
Kore moet liedjies uit verskillende kategorieë in Engels, Afrikaans en ʼn Afrika-taal sing. “Hierdie unieke kompetisie bied diverse vermaak in ’n taal wat almal verstaan: musiek,” het Allers bygevoeg.
Die reeks begin in Kaapstad met die kore van die universiteite van Kaapstad, die Wes-Kaap en Stellenbosch.
Vandaar beweeg die kompetisie na Port Elizabeth waar die Nelson Mandela Metropolitaanse-Universiteit en die Rhodes-Universiteit en die kans kry om op te tree vir ʼn plek in die halfeindronde.
Johannesburg is volgende, met die universiteit van Johannesburg, Pretoria en die Limpopo op die verhoog, voor die eerste ronde afsluit in Bloemfontein met die Universiteit van die Vrystaat, die Sentrale Universiteit van Tegnologie en die Vaal Universiteit van Tegnologie wat ook gaan spook vir hulle plek in die halfeindronde.
Slegs twee universiteite per ronde kan deurdring na die halfeindronde. Twee halfeindrondes van vier spanne sal plaasvind en die twee top-universiteite in elke halfeindronde sal uiteindelik deurdring na die Varsity Sing-eindronde.
Die eindronde word regstreeks uitgesaai en kykers kan tuis vir hul gunstelingkoor op die Varsity Sing-app stem.
Die beoordelaars van die kompetisie is Loyiso Bala, Christo Burger en Marvin Kernelle. Dié beoordelaars word in elke ronde bygestaan deur ʼn gasbeoordelaar wat eindelik ʼn paneel van vier beoordelaars vir die eindronde vorm.
Varsity Sing word van 14 Julie elke Donderdagaand om 20:30 op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai. Die eindronde vind op 13 Oktober plaas.
Besoek kykNET se webwerf vir meer inligting.
Afrikaanse ondernemings ondersteun nog nie-Afrikaanse universiteite. Hoekom? Hoe baat Afrikaanses regtig hierby?
Ek stem saam. kykNET buig ook maar lekker agteroor ter wille van inklusiwiteit.
Een positiewe ding in terme van die kompetisie self is dat Christo Burger en Loyiso Bala jare se ervaring het as dit kom by koorsang. Die ander een ken ek nie.
Wonder hoekom NWU se PUK-Koor nie ook daar is nie, hulle is tog een van die top kore in SA en het al meengimaal oorsee opgetree in kompetisies.
Waneer doen ons mede landsburgers so iets …noem 1 ding wat hulle al gereel het ….ek weet van niks nie ….o ja hulle reel dat goed gebrand en vernietig word …genade kan mens nou dit miskyk
Kyknet is veronderstel om te voorsien in die behoeftes van die Afrikaanse gemeenskap te voorsien aangesien Afrikaans so afgeskaal word op SABC. Waarom moet die ander tale op Kyknet dekking kry.