Pokémon Go, ʼn realiteitspeletjie wat gebaseer is op die bekende Japannese karakters uit die 1990’s, het oornag ʼn sensasie geword.
Lees meerAlles vir Dinsdag 12 Julie 2016
[Foto’s] Minstens 20 dood in Italië-treinongeluk
Minstens 20 persone is Dinsdag dood tydens ʼn trompop botsing tussen twee treine in Italië.
Zimbabwiese betogings is geborg, sê ANC
Die ANC het Dinsdag gesê hy is besorg oor betogings in Zimbabwe teen pres. Robert Mugabe se regering en dit beskryf as “geborgde elemente wat ʼn regimeverandering soek”.
Universiteit gee toe aan studente se eise
Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het sommige van die onmiddellike eise van studente, wat Maandag op verskillende kampusse betoog het, toegestaan.
‘Kapingsalarm nie bemanning of vliegtuig se skuld’
Airlink het Dinsdag weer om verskoning gevra vir die vals alarm dat ʼn vliegtuig Maandag gekaap is, en gesê sy aanvanklike ondersoek dui daarop dat sy vliegtuig of vlieëniers nie verantwoordelik is vir die fout nie.
Verlof tot appèl toegestaan in Walus-saak
Die hoogste hof van appèl het die ministerie van justisie se aansoek om verlof tot appèl teen Janusz Walus se vrylating op parool, goedgekeur.
Baba dood aangetref in Florida-meer
ʼn Pasgebore baba is Dinsdagmiddag dood aangetref in Florida-meer in Roodepoort, Gauteng.
Die wêreld in foto’s – 12 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Twee vas na moord op treindrywer
Die polisie is in die Wes-Kaap het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op Pieter Barend Botha.
[Video] Haweloses kan in dié trok bad
Jake Austin van St. Louis, in die Amerikaanse deelstaat Missouri, gee nuwe betekenis aan die uitdrukking naasteliefde. Dié filantroop het onlangs ʼn tweedehandse vragmotor gekoop en in ʼn mobiele badkamer vir haweloses omskep.
[Video] Vensterwassers rand Jhb-motoris erg aan
ʼn Skokvideo, van ʼn motoris wat in Johannesburg deur drie vensterswassers aangerand en glo met ʼn skroewedraaier gesteek word, het sosiale mediagerbruikers warm onder die kraag.
Verskyn op Bok van Blerk se nuwe DVD
Die sanger Bok van Blerk vier vanjaar tien jaar in die Afrikaanse musiekbedryf en skop binnekort ʼn landwye toer af om dié mylpaal te vier. Aanhangers wat twee eksklusiewe konserte van dié sanger op toer bywoon, gaan ook die geleentheid kry om op sy nuwe DVD te verskyn.
[Video] Help Koos Kombuis om Afrikaanse musiek te ‘red’
“Ek voel al lankal dat ons musiek in ʼn krisis verkeer en dit laat my wonder of ons op die regte fondament gebou het en steeds voortbou, veral in Suid-Afrika. Daar is nêrens om te vlug nie, ons moet Suid-Afrika laat werk,” het hy vertel.
Kies wat jy op Facebook wil sien
Facebook is ongetwyfeld die gewildste sosialemedianetwerk met meer as 1,65 miljard maandelikse aktiewe gebruikers. Hier is ‘n paar handige wenke wat jy op Facebook kan gebruik om te kies wat jy wil sien.
[Video] Hlaudi stel sy visier op RSG
Die SAUK sal hom nié laat beïnvloed of voorskryf deur persone binne of buite die organisasie wanneer dit by belangrike besluite kom nie. Dit is die woorde van ‘n strydlustige Hlaudi Motsoeneng.
Belfast-slaandood: Verdagtes weer vry
WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel. Die vier verdagtes, wat Maandag in hegtenis…
Groot uitdagings vir Brittanje se nuwe premier
Theresa May sal Woensdag by Downingstraat 10, die premier se ampswoning in Londen, intrek.
Quin-klubs landwyd se verhaal, meewerking gevra
Pretoria Harlequin het `n projek begin om al die Quins-klubs in Suid-Afrika te identifiseer en inligting oor hul geskiedenis in te samel.
Metrobus-staking in Jhb duur voort
Die Metrobus-staking in Johannesburg is nou al drie dae aan die gang, met meer as 200 roetes wat nie gedek word nie.
Man wat ná ongeluk in vangwa gegooi is, in hospitaal opgeneem
Nico Combrink (53), die boer van Mogwadi (Dendron) in Limpopo wat twee weke gelede deur polisiebeamptes in ʼn vangwa geboender is nadat hy in ʼn motorongeluk betrokke was, is Maandag in ʼn hospitaal opgeneem.