Alles vir Dinsdag 12 Julie 2016

Vrees vir die Here

Wanneer my geestelike lewe begin draai om my eie selfsugtige geestelike behoefte aan geestelike gelukbringers, verloor ek iets wat die wese van ons godsdiens en ons geestelike belewenis raak, naamlik die vrees vir die Here. Vrees, nie in die sin van verskrik en bang wees nie, maar vrees soos die woordeboek sê: ’n diepe ontsag, eerbied en respek vir wie God is. ’n Heilige eerbied vir die lewende God.