Aanhouer wen, al trek hulle aan kortste ent

lionsDit klink ietwat belaglik, maar die Lions se belangrikste wedstryd in vanjaar se Superreeks is teen `n span wat 34 punte minder as hulle op die puntelys het.

Die Lions het alles om teen die Jaguares te verloor, want hulle moet boaan die puntelys bly en sodoende die reg behou om drie uitspeewedstryde (as hulle aanhou wen) op Ellispark te speel.

Hulle behoort mos maklik te wen om bo te eindig, maar vra maar vir die Bulls wat het `n paar weke gelede in Buenos Aires gebeur toe hulle teen die ongedissplineerde, maar uiters onvoorspelbare  Argentyne vasgeval het.

En nou stuur die Lions boonop nie huille sterkste span nie.

♦  Kom ons draai die horlosie terug: Onthou u nog hoe die Lions vier seisoene gelede uitgeskuif is om plek te maak vir die Southern Kings in 2013 se reeks? Onthou u nog hoe Ellispark byna leeggeloop het? Onthou u nog hoe hulle eers weer in twee uitspeelwedstryde teen die Kings moes speel (en wen) om weer in 2014 Superrugby te speel?

Die Lions was teen die planke, hulle geldkraan was toegedraai, en waar sou hulle geld (en spelers) vandaan kom?

Maar het hulle gekla? Nee, hulle het die houe op die kennebak gevat, opgestaan en voortgeveg.

Hulle verdien dit om boaan die puntelys te eindig. Hulle het die meeste punte (52), meer as die Chiefs (51), Crusaders (50), Highlanders en Hurricanes (albei 48) wat in hul nekke blaas.

Hulle moes boonop teen vier Nieu-Seelandse spanne, twee in Nieu-Seeland op toer speel, nie soos die Stormers en Bulls wat teen die swakker Australiese spanne moes meeding nie.

Die Lions het die meeste punte aangeteken (513), meer as die Chiefs (476), Crusaders (477),  Hurricanes (423) en Highlanders (397). Hulle het die meeste drieë gedruk (68), meer as die  Chiefs (66), Crusaders (64), Hurricanes (56) en Highlanders (47).

Dis waarom vanjaar se reeks (soos Pale Toe! maande gelede al berig het) so onregverdig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerrie Combrink ·

Die Lions se spel, onderliggende agting vir mekaar en spangees is absoluut van hoogstaande gehalte!! Hulle het elke keer nog elke hinders oorkom!! Skeidsregters en hulle swak beslissings moet ook met rooikaarte en boetes op hulle wedstrydgelde gepenaliseer word! Dan was Berry lankal sonder wedstryde om te blaas en bankrot agv boetes op sy wedstrydgelde. Skeidsregters kom gans en al te maklik los van hulle brouwerk op die veld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.