
Rian van Heerden (Foto: Facebook via Rian van Heerden)
Die radio-omroeper Rian van Heerden het Dinsdagoggend in ʼn verklaring bevestig dat hy Jacaranda FM einde vanjaar as die aanbieder van die Complimentary Breakfast-program verlaat.
Van Heerden het in die verklaring by voorbaat verskoning gemaak vir sy laaste jaar as aanbieder van dié program, omdat hy glo alles wat hy ooit as aanbieder wou doen, nou gaan doen.
Die aanbieder is bekend vir sy omstrede opmerkings en debatte.
“Radio gaan oor ʼn diep konneksie met ander en ek het nog altyd die platform op Jacaranda gebruik om die mees betekenisvolle inhoud te skep,” het hy gesê.
“In die maande wat kom gaan ek onder meer uitsaai van eksotiese plekke en ʼn werklike “complimentary breakfast” vir mense in die verkeer voorsien.”
Jacaranda FM se algehele bestuurder, Kevin Fine, sê Van Heerden gaan ʼn leemte vir die stasie agterlaat.
“Rian het ʼn ongelooflike talent en is iemand wat ʼn storie kan vertel sodat mense allerhande soorte emosie voel. Ons luisteraars is in vir ʼn ding – dit gaan beslis die lekkerste luisterervaring wees,” het hy laat hoor.
Die stasie het nog nie ʼn plaasvervanger vir Van Heerden aangekondig nie.
Lees die volledige persverklaring.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
83 Kommentare
Geen verlies vir my.
Dankie tog
Nou kan ek weer Jakaranda luister.
Jipee! Ek stem saam. Nou kan ek ook weer na Jakaranda luister.
Die Mense wat se Dankie Tog is Siek Dis vir my n Plesier om die oggend die Radio aan tesit Dit maak my dag
Uiteindelik. Nou kan ek ook weer Jakaranda luister sonder om my siel te versondig.