Metrobus-staking in Jhb duur voort

Argieffoto.

Argieffoto.

Die Metrobus-staking in Johannesburg is nou al drie dae aan die gang, met meer as 200 roetes wat nie gedek word nie.
Busbestuurders het Vrydag begin staak omdat hulle ongelukkig is oor dienste om die busse te inspekteer en kaartjies na te gaan wat na ʼn buitemaatskappy gekontrakteer word.

Die staking is na bewering onwettig. Die munisipale werkersvakbond Samwu het hom aanvanklik van die staking gedistansieer, maar voer nou samesprekings met Metrobus se bestuur om die staking tot ʼn einde te probeer bring.

Esther Dreyer, woordvoerder van Metrobus, het gesê samesprekings “lyk belowend en dat ons span kenners in onderhandeling met Samwu is”.
Dreyer het verskoning aangebied vir pendelaars wat sonder vervoer gelaat is. Daar is nog geen aanduiding van wanneer die staking tot ʼn einde kan kom nie. “Ons weet die mense is nie gelukkig nie en ons sal alles in ons vermoë doen om die busse weer terug te kry op die pad,” het sy gesê.

Die Stad Johannesburg, wat Metrobus besit, het ook sy verskoning aangebied vir die onderbreking van die busdiens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

thea ·

elke jaar hierdie tyd staak die metrobus personeel, al gewoond daaraan

Buitestander ·

Ja wil weer bo inflasie verhogings hé.
Passesiers moet maar opfdop om weer busdies te bekom.
Ha,Ha,Ha !!!!!!

Henri ·

Niemand ry verniet daar word geld aan iemand gegee om nie die bus kaartjie te koop nie.

natasha ·

die busdrywers steel die mense se geld wat
kontant betaal. die passasier betaal R20 en kry

n vorige passassier se kaartjie of net R5 dan ry jy op iemand anders wat klaar betaal het op n vorige rit. klim die inspekteure op die bus word niks gedoen nie! dis goed dat die privaat maaktskappy hulle bietjie vasgevat het. 80% vd busse is in so n slegte toestand jy hoop en bid vir jou lewe

Johann Marx ·

Ek het dit self beleef en hier beskryf, maar my kommentaar het in die slag gebly vir een of ander vreemde rede. Hier by ons klim jy op in Aucklandpark vir ‘n rit na Roodepoort. Koste 17,50. Jy betaal met kontant, en lees nie die kaartjie wat jy kry nie. As jy mooi kyk sal jy sien dit is net tot by die volgende busstop. Koste R4,50. Jy ry nog steeds tot in Roodepoort, en jy betaal nog steeds R17,50….maar die busdrywer kry R13,00 daarvan.

Lida ·

Mooi man Augustus is mos stakings maand en nog verkiesing ook Lekker SA

Andre ·

Gebruik busbestuurders wat WIL werk; ek weet nie hoekom sukkel ons so met stakende werkers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.