Video: ’n Kuier op die stel van ‘Binnelanders’

Maude Sandham, Mila Guy en David Viviers. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Tussen talle koppies koffie, ’n heerlike middagete en ’n paar skertsende akteurs heen, het Maroela Media op die stel van Binnelanders gekuier.

Die borrelende en besige aktrise Maude Sandham, wat die rol van Gaby in die sepie vertolk, was die gasvrou vir die dag.

In die grimeerstoel het sy onophoudelik gesels en tussen die talle rakke kostuums en in talle verskillende uitrustings het sy deur die gange van Stark Studios, waar Binnelanders geskiet word, rondgerits.

Mila Guy (Dr. Zanel Jordaan), David Viviers (Dr. Liam Vorster), Cindy Swanepoel (Dr. Annelize Roux), Reynardt Hugo (Dr. Tertius Jonker), Luandri Reynders (Karen Kriel) en Erik Holm (Rian Malherbe) was ook die dag op stel, en het in hul dokters- en verpleegstersgewaad die dag deurgebring.

Kyk hier na ’n video van Maroela Media se kuier op die stel van Binnelanders:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.