82-jarige wys inbreker waar Dawid die wortels gegrawe het

Willie Murphy (Foto: Wham-TV)

ʼn 82-jarige liggaamsbouer sê ʼn inbreker “het die verkeerde huis gekies om by in te breek” nadat sy hom met ʼn tafel, besem en ʼn bottel babasjampoe aangeval het.

Willie Murphy was alleen by die huis en was op pad bed toe, toe ʼn man skielik aan haar deur begin klop het en gevra het iemand moet ʼn ambulans ontbied.

Dié ouma het egter geweier om hom in haar huis in Rochester, New York, toe te laat en het die polisie ontbied, maar die man het glo in elk geval ingebreek.

Sy het vantevore met die eerste prys weggestap in haar afdeling by die World Natural Powerlifting Federation-kampioenskap en is in 2014 aangewys as die gewigstoter van die jaar.

Willie was gewapen met ʼn tafel, ʼn stoel, ʼn besem en ʼn bottel babasjampoe, en die inbreker het tweede gekom.

Willie Murphy (Foto: Wham-TV)

“Toe hy op die grond was, het ek op hom gespring, en ek was steeds besig met 911 [nooddienste] op die telefoon,” het sy aan vriende by die Maplewood YMCA gesê, waar sy nog gereeld oefeninge doen.

Sy het in die donkerte geskuil en iets gesoek om haarself mee te verdedig toe sy ʼn tafel gebruik het. Toe die tafel breek, het sy die man met die metaalpote van die tafel aangeval. Sy het daarna in die kombuis in gehardloop, ʼn bottel babasjampoe gegryp en dit in sy gesig gespuit. “Toe hy regop wou kom, het ek die besem gegryp en hom daarmee geslaan.”

Die polisie het kort daarna opgedaag.

Volgens ʼn plaaslike nuusstasie, Wham-TV, is Willie nie van voornemens om aanklagte teen die inbreker aanhangig te maak nie. “Hy het die verkeerde huis gekies om by in te breek. Ek dink hy was baie bly om uiteindelik in die ambulans weg te ry.”

“Ek is alleen en ek is oud,” het sy bygevoeg terwyl sy haar armspiere bult. “Maar raai wat? Ek is taai.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mornay ·

Mooi so Tanie

Ek sal daar van hou om sy weer gawe te hoor en wat se hy vir sy pele

n ouma het my hard ge “Coner”

HA ha ha

George ·

Sy moet asb Suid Afrika toe kom, want hier gaan sy haar hande vol he.

Nettie ·

Ek hoop iemand kan dit vir haar vertaal: “U go, Gogo!”.

Leon ·

10/10 vir haar. Jammer sy het hom nie meer opgefoeter nie. Dat hy ‘n behoorlike les geleer het nie. My tannie, jy is my hero.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.