ʼn Agtjarige hawelose vlugteling van Nigerië is in New York aangewys as die skaakkampioen tydens die staat se jaarlikse skaaktoernooi.
Tanitoluwa Adewumi, wat saam met sy gesin in ʼn hawelose skuiling in Manhattan woon, het eers verlede jaar geleer hoe om skaak te speel. Hy het verskeie kinders, wat privaat lesse kry, uitgestof.
Tani sal in Mei deelneem aan ʼn kompetisie waar die nasionale skaakkampioen gekroon sal word.
Ná sy oorwinning het hy gesê hy het net twee drome: om die wêreld se jongste grootmeester te word en dat sy familie toegelaat sal word om in die VSA te bly.
Die gesin, Tani en ʼn ouer broer en hul ouers, het as Christene uit Nigerië gevlug uit vrees dat die Boko Haram-terreurgroep hulle sou teister.
Hy het in die staatskool geleer skaak speel en by ʼn klub aangesluit.
Lees meer: New York Times, NAIJ.com
Baie geluk mannetjie
Dié kind moet besonder intelligent wees om in so ‘n kort rukkie so vêr te kon vorder.
Baie geluk. Ek glo julle kan in die VSA kan aanbly.
Gebruik jou talent(e).
Ag shame, en die blanke seuntjie in die wit plakkers kamp haal nie eers blasdy 5 van enige koerant nie, want as jy wit is, is jy nie ‘n storie werd nie – behalwe as jy die een is wat die K woord gebruik het.
Dit is n demokratiese land waar malema mag se ons gaan nie nou witmense doodmaak nie en die mrk keur dit goed maar arme Riaan mag nie sy opinie lig sonder om oor die vingers getik te word nie,hoekom?
Gaaaaaaap! Jy lewer kommentaar op die verkeerde berig, die slegte, verkrampte nuus is bo.
Riaan, ek dink jy val bietjie uit die bus met jou kommentaar…baie onvanpas.
Eish – Gaan kyk 7 de Laan indien die beurtkrag dit toelaat. Feit is die storie sou geensins nuus waardig gewees het as dit ‘n wit kind was nie – PUNT
Die waarheid steur hom nie aan polities korrektheid nie.
Checkmate
Riaan ek dink jou kommentaar is onvanpas!
Welgedaan.
Maar laat ons darem verstaan: hy is nie New York se skaakkampioen nie. Hy het slegs sy kategorie gewen – nog baie jare van baie skaakspeel voodat hy naastenby goed genoeg mag wees om in die New York Ope deel te neem.
En terloops – ek sien Zuma word in die media opgedis as sou hy n skaakmeester wees. Nie eers amper nie.
Dit is n positiewe storie gewoonlik word nigeriërs verbind aan dwelms en rampokery soos met die meeste wat in SA bly.
Good for you!! Jy verdien dit.