Charlie en Harry het oornag ‘n internetsensasie geword nadat hul pa ʼn video op YouTube gelaai het van Charlie wat Harry se vinger byt.
Die BBC het die twee besoek om te kyk hoe lyk hulle nou – agt jaar nadat hul pa, Howard, die video geneem het.
Howard het die video op YouTube gelaai nadat hy nie daarin kon slaag om dit via e-pos vir die seuns se peetouers te stuur nie. Die video het uiters gewild geword en is reeds meer as 815 miljoen keer op YouTube gekyk.
Hier is die video: