Dalk die kwaadste bruid ooit?

Argieffoto (Foto: bacellar, Pixabay)

ʼn Vrou van Kanada het ʼn storm ontketen op sosiale media ná haar inskrywing op Facebook wyd gedeel is.

Die bruid, slegs bekend as Susan van Kanada, het ʼn sprokiesbruilof van $60 000 beplan en gaste gevra om 1 500 Kanadese dollar (ongeveer R16 400) te betaal om die seremonie by te woon. Toe talle gaste geweier het om te betaal, het Susan haar tot sosiale media gewend, die troue gekanselleer en haar verloofde verlaat.

Die troue is vier dae voor die tyd gekanselleer toe die paartjie ontdek het hulle kan nie die geleentheid bekostig nie. Die vrou het haar besluit (in gekruide taal) op Facebook verdedig en blameer haar vriende en familie vir die verhouding wat verbreek is.

“Ek en [verloofde] het ongelukkig ons verhouding verbreek as gevolg van onlangse onoorkombare probleme. Ons het besluit om die verhouding te beëindig en sal nie met enige toekomstige verrigtinge voortgaan nie,” skryf sy.

“Ek het spesifiek, ek bedoel spesifiek, vir kontantgeskenke gevra. Hoe kan ons die troue van ons drome hê sonder behoorlike finansiering? Ons het soveel opgeoffer en elke gas slegs ongeveer $1 500 gevra. Ons het met ʼn paar mense gepraat wat selfs belowe het hulle sou meer betaal.”

Sy verdedig haar droom vir só uitspattige seremonie in die plasing.

“Aangesien ons liefde soos ʼn sprokie was, wou ons ook ʼn uitspattige troue hê. ʼn Plaaslike medium het vir ons gesê ons moet die duurste opsie kies, en ons het gedink, ‘waarom nie?’,” skryf sy. Die paartjie het in daardie stadium self ongeveer $15 000 bymekaargemaak wat hulle op die troue sou spandeer.

“Ons het net ʼn klein bietjie ekstra benodig. Ons droomtroue beloop $60 000.” Die beplande troue sou in Aruba plaasgevind het. “Al waarvoor ons gevra het, was net klein bietjie hulp van ons vriende en familie om seker te maak dit gebeur. Ek bedoel, wat is $1 000? Wat is $1 500? Uiteraard nie baie nie. Dit is maklik om bymekaar te maak en binne begroting. Ek het al gehoor ander mense vra meer.”

Haar strooimeisie het aanvanklik onderneem om $5 000 by te dra en haar verloofde se familie $3 000. Toe die res van die gaste egter nie bereid was om enige kontantbydraes te maak nie, het die strooimeisie en die verloofde se familie ook besluit om nie enige oorbetaling te doen nie.

Op ʼn skarefinansieringsblad kon sy slegs $250 bymekaarmaak.

Haar verloofde het daarna voorgestel dat hulle dalk in Las Vegas trou, maar Susan was nie beïndruk met dié idee nie. “Hy was ernstig. Hy wou een van daardie vuil, goedkoop Vegas-troues hê. Is hy mal? Is ek veronderstel om opgewonde te wees oor die idee om tussen dobbelaars en alkoholiste te trou?”

Susan het gesê dit sou haar laaste plasing op Facebook wees en sy het beplan om haar rekening daarna te verwyder. Sy is van voornemens om in Oktober en November met ʼn rugsak deur Suid-Amerika te reis “om haarself te vind” en ontslae te raak van die “negatiewe en toksiese energie”.

Die paartjie het mekaar as 14-jariges ontmoet en was dadelik verlief. Hulle het verloof geraak toe hulle 18 jaar oud was en toe sy 20 jaar oud was, het sy ontdek sy is swanger met hul babaseuntjie. Hul seuntjie sal na verwagting by sy pa bly terwyl Susan deur Suid-Amerika reis.

“As ek terugkom sal ek ʼn nuwe Facebook begin met vriende wat my nie in die rug gesteek het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

christa ·

plaas dat bruide meer daarop let om rein te trou as om sulke uitspattige troues wil gee. Jy kan nie van die gaste verwag om toe te sien dat jy ‘n duur troue kan he nie. Trou in die kerk met n paar gaste en gebruik die geld vir die wittebrood. Dis nie die gaste wat gelukkig moet wees nie, maar julself

Geskok. ·

Shoe. Ek glo nie wat ek Lee’s no. As sy dan so sprokies true sou HÊ moes sy maar seeder met een van die land se Prinse getrou het. En om die true te kanseleer oor daai gesê wat sy gee klink my eerder sy wou nie trou vir liefde nie maar eerder vir geld redes. SUSAN JY NOG NOOIT GELEER DAT GELD NIE LIEFDE KAN KOOP NIE. DIT VEROORSAAK NIE RUSIE EN ONGELUKIGE HUWELIKKE.
bly sys nie een van vriendinne of famielie lede nie.

vonnie ·

as jy ‘n uitspattige troue van jou drome wil he, spaar dan gerus daarvoor. dis nie die gaste se verantwoordelikheid om jou duur smaak te akkommodeer nie. duidelik is die vrou mer verkeerde waardes en norms groot gemaak.

Christine ·

BELAGLIK !! BESLIS DIE KLUTS KWYT !! Raad aan ex-verloofde:
“RUN FOREST RUN” ???

Marinda ·

Shame, just because someone doesn’t want to pay for your wedding, now you cancel it. That’s not love, that’s selfish and petty. You knew you were getting married, why not save like the rest of us?

Stem Christa ·

bruide is net gepla oor die Trourok, troukoek, trouring, drank, venue, blomme…. om die gaste te beindruk
Hulle moet eerder meer aandag gee aan hyl huweliks beloftes en om die huwelik te eer.
Betaal 100de 1000de rande vir troues en dan raak almal gesuip (bruid met haar DUUR rok) hang om die toilet
ag nee SIES.
tyd dat mense weer perspektief kry!

Skuilnaam ·

Ek stem 100% saam. Daarom moet ek ‘n skuilnaam gebruik.
My skoondogter is presies so. Het 2 trou beplanners gehad. In plaas van ‘n droom troue was dit ‘n nagmerrie. En nou is die huwelik ‘n nagmerrie.

DS ·

Ons het ook so geldgierige bruid in ons familie. Op haar uitnodiging staan as geskenk is geld is welkom maar minimum R1 000. Ernstig! Druk jou troue ek gaan eet eerder saam my hele gesin uit daardie dag.

Sjampanje smaak ·

Troues en matriekafskeid is presies dieselfde deesdae! Alles gaan oor ‘sien my raak’. Ek kry die arme bruidegom en matriekafskeid seuns altyd so jammer, want wragtag, alles gaan oor die meisies en DIE ROK. Hoe oppervlakkig! Daar is baie soos Susan daar buite…

Snowball ·

Dolla, jy is klaar “getroud” as jy reeds ‘n kind het by die man. Jy is nog net nie “gekerk” nie….eintlik wou jy net ‘n verspot duur affêre reël met ander mense se geld! Hoe arrogant en absurd. Jou gaste deel in jou dag, hulle deel nie die rekening met jou nie. A serious case of illusions of grandeur.

Suzette ·

Sy was net so min lief vir haar verloofde as wat ek vir hom is. Ek is in Sept na n troue genooi, toe ons vra wat julle soek, sê die vrou, niks minder as R1500 per gas nie. Sy sê reguit sy nooi mense uit wat kan betaal en sy spandeer R500 n kop so sy soek dit terug. Poppie good luck!

Niklaas ·

Sjoe. Wat ‘n bedorwe brok. Min dinge in die lewe sal haar tevrede stel. Haar mansvriend moet vinnig inpak en verdwyn. Sy sal hom uitmergel ! Ek glo nie sy het baie vriende oor nie. En familie gee haar ook seker nou die koue skouer. Ek sou uit haar pad bly.

Sjoe ·

Sy is so arrogant. Hoe op aarde verwag jy ander mense moet vir jou troue betaal en dat jy hulle ‘n guns doen om so “eksklusiewe troue” bytewoon. Belaglik. Good Riddance vir haar “ex verloofde”

June ·

Ek het 2 kleindogters 22 en 18 jr oud. Ek spaar al vir geruime tyd 500 vir elk vir hul troues eendag. Die oudste wil einde 2020 trou as sy haar meestersgraad in Ekonomie verwerf. Die jongste gaan vgl jaar univ toe om LLB te studeer. Ek het met hulp van my oorl ma vir altwee my kinders 1 seun en 1 dogter se troues als self betaal. Mens kry hulp van jou binnekring nie buitestanders.

Karin ·

Dit is n algemene verskeinsel dat die trou paar n spesifieke bedrag soek per gas, 2018 alleen by 2 sulke troues gewees en 2 gesê nee dankie. Dis mos lekker dat ander vir jou spandabelheid betaal, lekker geldgierig geword. Kom van ek wil net hê hê hê.

Blommie ·

En los die kleintjie dan om haarself te vind by die man…
Klink eerder vir my of jy opsoek was na uitkom kans!
Sterkte aan die pa en seuntjie hulle het dit beslis nie verdien nie.
Sy sal haar fout agterkom wanneer dit telaat is.

Andre ·

Vrouens vandag is heeltemal belaglik en hier is net nog `n voorbeeld.

ekke ·

Andre, tel jou woorde. Lees boontoe in al die kommentare. Daar is baie vrouens en glo my ek ook wat dink die dame was geldgierig. Eerlik ek sal eerder my geldjies gebruik vir n vakansie.

Pieter ·

Ken jy elke vrou op hierdie planeet Andre? As ‘n ander man ‘n vrou slaan sal jy ook as geweldadig of belaglik bestempel wil word?

JMC ·

Hierdie is die gevolg van vandag se liberale sneeuvlokkie politiek. Ek kon nog nooit verstaan hoekom mense in elke geval baie geld wil spandeer op troues, begrafnisse en matriekafskeide nie. Gewoon net windgatgeid.

Johann cb ·

Ai, en toe gaan alles uiteindelik nét oor geld! Ek is jammer vir hulle kind…

E.K. die eerste ·

Kon my oë nie glo toe ek hiervan lees – dag eers dis dalk ‘n Aprilgek-grap! Sy moes maar nie na die “local psychic” geluister het nie! En dan lees ek van die kommentare daar is wraggies ander bruide wat verwag die gaste moet “toegangsgeld” betaal om hul troue by te woon want dis waarop dit vir MY neerkom. Dis mos niks anders as kommin om geld te vra en dan nog hemelhoë bedrae te spesifiseer ook! Kyk, ek moet so uitnodiging kry dan sal ek ‘n koevert VOL Monopoly geld as geskenk saamvat!

Nettie ·

Dit is wat my antwoord op die FB plasing sou wees:

“Dear Susan …. So sorry to hear that you cancelled your wedding because your plan to sponge off us, the so-called wedding ‘guests’ did not work out. Perhaps you should have done things in the right manner, first by marrying and after that, having a child. You know, children are expensive and think about all the money you could have saved, wasn’t it for all the diapers, baby/children’s clothes and toys, doctor’s bills etc. you had to pay when you had your baby. Seeing that you are on your way to South America …. you certainly must have some cash stashed away somewhere – overseas trips don’t come cheap; why didn’t you use THAT for your “dream-wedding”? Oh ….. and remember to close the door when you walk out ….. AND PLEASE STAY THERE, ONCE YOU LANDED. WE DON’T NEED (EXPLETIVE) IN OUR LIVES, THANK YOU.

Pieter ·

Tipiese geval van “die wereld skuld my iets” mentaliteit.

ChrisE ·

‘n Vriend/kollega van my moes inderhaas trou. Hulle was alby relatief jonk en die paarjie se ouers kon/wou nie bydraes maak nie. Ek het aan ‘n sportklub behoort. Die saal gehuur teen klub tariewe. Die kombuis het gehelp met pap/slaaie, eetgerei en braairoosters teen ‘n lae prys. Ek het ‘n bring “gereel”. Niemand was snipperig of katterig nie. Almal het lekker onthaal gehou en die paartjie was vir omtrent 18 jaar getroud tot met sy afsterwe.

marco polo ·

Ek is bly vir die ou se part. Hy is n hel van n lewe gespaar.

Johan ·

Daardie bruidegom moet die Vader dank sy bas is gered vroegtydig! ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.