Die wêreld se hoogste residensiële gebou

Central Park Tower

Waaghalse (en miljardêrs) sal van volgende jaar in die wêreld se hoogste residensiële gebou kan bly.

Central Park Tower, geleë in die sogenaamde “Billionaire’s Row” in Manhattan, New York City, het 112 verdiepings en is 472 m hoog. Tot dusver was die hoogste residensiële gebou 432 Park Avenue (slegs 97 m daarvandaan en 426 m hoog).

Dit is belangrik om die onderskeid in gedagte te hou, want Doebai se Burj Khalifa, met sy residensiële ruimte, kantore en winkels, is nog steeds hoër (830 m).

Eienaars van die eksklusiewe 179 woonstelle in Central Park Tower sal kan spog met ʼn uitsig oor Central Park, die Chrysler-gebou en die George Washington-brug.

Die pryse is net so hoog: ʼn vyfslaapkamer-dakwoonstel kos $63 miljoen (sowat R924 miljoen) en ʼn tweeslaapkamerwoonstel op die 33ste verdieping kos $6,9 miljoen (ongeveer R101 miljoen).

Die ontwikkelaar, Extell, moes 560 m² “lugregte” bekom van omliggende geboue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

NET EK ·

Enige een dalk hul bank besonderhede ….. ek sal graag n deposito wil neer sit. hahahaha

JohanR ·

Wat kan jy self in SA koop met ons Mickey Muis geld? Nou R15 vir ‘n $.

Kato ·

Hulle moet net in gedagte hou, wat kan gebeur met hoe geboue in Amerika.

JohanL ·

Nee wat. Bly eerder in ‘n enkelvlak huisie by die see wat oor die golwe uitkyk. Darem nie heeltemal so duur nie.

Dankbaar ·

O, ek deel jou sentiment, Johan!!!! NIKS kan vergelyk word met die see nie – en elke dag verander die skildery in nog ‘n volmaakte kunswerk van ons Skepper se verfkwas…

Spook op thaba ·

Nee is okay. Hou verby. Ek hou van moeder aarde onder my voete

Maria ·

ha,ha lag vir julle kommentaar jong ek sal nooit vergeet Spook nog op my n Ware verhaal fliek naam vergeet . Dit een van Amerika bekende hoog hotel wat in brand geslaan waar daar mense wat dood gebrand en geval het. Nee dankie natuur op die grond veel beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.