Dorp rig heinings op om selfiejagters af te skrik

(Foto: Julius Silver/Pixabay)

Die Oostenrykse dorpie Hallstatt – gewild onder selfiejagters vir die agtergrond wat mens aan die fliek Frozen laat dink – moes houtheinings oprig om die uitsig oor die Alpe te versper. Dit is ʼn poging om te voorkom dat te veel toeriste op die dorpie toesak.

Sowat ʼn miljoen toeriste het die dorpie, met sy 750 inwoners, besoek voor die Covid-19-pandemie in 2020 begin het. Die dorp is bekend vir sy hoë kerktoring en huise teen die hange van die berg.

Die dorpsraad het reageer op klagtes deur inwoners toe daar weer ʼn toestroming was van toeriste in die nou straatjies. Tydelike houtheinings is opgerig om die uitsig gedeeltelik te versper, het ʼn beampte van die gemeenskap aan AFP gesê.

Die heinings is opgerig met die verwagting dat toeriste nie meer in groot groepe sal stroom na een van die gewilde liggings nie. Mense wil graag foto’s van hulself neem met die skouspelagtige Alpe in die agtergrond.

Dit is nog nie bekend hoe lank die heinings opgerig sal bly nie.

“ʼn Besluit sal gemaak word gebaseer op terugvoer oor die ingryping,” het die beampte bevestig.

“Die enigste ding wat ons sal help, is as die fokuspunt nie meer ʼn fokuspunt is nie,” het burgemeester Alexander Scheutz aan ʼn plaaslike koerant gesê.

ʼn Tydelike houtheining versper gedeeltelik die skouspelagtige uitsig in Hallstatt, Oostenryk (Foto: Reinhard Hörmandinger/APA/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Faraway ·

Dit gebeur nou wanneer die mens die mens teen die mens moet beskerm . . . ai

Patch ·

Dis jammer dat ‘n pragtige dorpie tot sulke uiterstes moet gaan en dan self nie eers die uitsig kan geniet nie. @Faraway jou kommentaar sekondeer ek.

Phillip ·

En more klae hulle daar kom nie geld in nie . Want die mense wat toer bring geld die land in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.